Die nuus wat die vrees van die haka in jou sit

MIX MASALA

Die nuus wat die vrees van die haka in jou sit

Op enige gegewe stil week vir humor in die internasionale nuus, kan 'n mens altyd op Donald Trump reken om byna daagliks alle grense van veldtogvoering, etiket en net blêrrie goeie maniere oor te steek, skryf ALI VAN WYK. Vandeesweek was só 'n week, en The Don het nie die ball gedrop nie.

ANGELA TUCK
ANGELA TUCK

Die stukkie komedie waarvoor ons hierdie week die meeste gelag het, kom uit 'n BBC TV-reeks, Scot Squad, met hoofkommissaris Cameron Miekelson (Jack Docherty) wat 'n hele rits gemeenskappe en mense beledig in sy poging om verskoning te vra. 


Maak julle Trump-gordeltjies vas!

Al wat jy kan doen, is lag ...

Ons het besluit om met hierdie Amerikaanse verkiesingsronde en nog 'n Trump-presidentskap in die vooruitsig 'n bietjie meer vir Donald Trump te lag, net as 'n tegniek vir selfbehoud. Die meeste van die tyd is hy funny-absurd, maar net so nou en dan is hy regtig snaaks, en selfs selfspottend. Watter weergawe ook al, dit trek mense se aandag.

'n Kennedy agter Trump – whooohaaaaa!

Die Amerikaners het 'n groot bohaai gemaak oor Robert F. Kennedy wat Trump se veldtog onderskryf het. Dis nogal verbasend omdat hierdie Kennedy basies 'n toerende ramp is wat elke dag 'n nuwe plek soek om te gebeur. Hy was 'n heroïenslaaf toe hy jonger was, en hy versprei tientalle samesweringsteorieë, onder meer dat die CIA sy eie oom, John F. Kennedy, vermoor het. Hy het mallerige teorieë oor transgenderism en entstowwe, onder meer die bekende waanteorie dat inenting en outisme verbind is. Hy was 'n groot antivaxxer deur die hele Covid-19-tyd, en in hierdie komende verkiesing het hy die Demokrate, en toe homself, en nou die Republikeine onderskryf. Tog is dit skynbaar baie sterk simbolies dat 'n Kennedy 'n Republikein ondersteun.

 Trump op sy unieke geldmaakveldtog

'n Keur uit die penne van Trump-spotprenttekenaars


Toe Trump nog goeie hare gehad het, kon 'n mens hom amper glo! As 'n mens hierna luister, moet ons dalk Dave Letterman blameer vir die Trump-era(s).


Laaste woord oor The Don – vaarwel met 'n knikkoppie


Dis ’n Bokke-teen-All Blacks-naweek!

Die Springbokke speel die naweek teen die All Blacks in een van net twee toetse vanjaar. Selfs mense wat niks van rugby hou nie gaan skelmpies rondvra wie gewen het. Kom ons hoop coach Rassie leer iets by die Kuilsrivier Rugby Klub se klem op geweld en geloof.

Coach Rassie het darem hierdie week so 'n bietjie vir sy oumanheelagter, Willie le Roux, in die bres getree op 'n perskonferensie. Willie is een van daai spelers aan wie sekere ondersteuners nooit sal vat kry nie, al wys die statistieke dat hy 'n besonderse Bok is.


Die natuur steek vas

Kremetartkrag

Goeie nuus op 'n vakgebied waar daar soveel slegte nuus is, is dat Afrika se kremetart-bevolkings stabiel is en dat dit lyk of klimaatsverandering min tot geen invloed op dié reuse van die veld het nie. 'n Kremetart-ekoloog en direkteur van die Baobab Foundation, Sarah Venter van Wits-universiteit, sê sy het op 'n uitgebreide studietoer deur Suider-Afrika se kremetartwoude gesien hoe veerkragtig en taai dié bome is, selfs in gebiede waar mense die kremetarte intensief as voedselbron en vir ander doeleindes gebruik.

Droogtes het 'n marginale invloed op kremetarte, trouens, dit is gevaarliker vir 'n kremetart om te véél water te kry, veral in die winter wanneer hulle nie blare het waardeur die water kan verdamp nie. Die grootste mortaliteit van dié bome is in gebiede waar daar baie olifante is, omdat olifante 'n kremetart werklik kan beskadig. Plaasdiere hou 'n gevaar in vir jong kremetartboompies, maar het byna geen invloed op die ou reuse nie. – The Conversation

Kremetartbome (Adansonia digitata) in Tanzanië. © WIKICOMMONS YOKY
Kremetartbome (Adansonia digitata) in Tanzanië. © WIKICOMMONS YOKY

Die era van die GM-muskiete

Dit gaan nog 'n rukkie duur – in die rigting van 'n dekade – voordat wetenskaplikes die drie spesies muskiete wat malaria versprei op groot skaal met genetiese tegnologie kan beveg. Malaria bly verreweg die grootste moordenaar van mense in Afrika – meer as 500 000 mense is net in 2022 dood. Daar is skaars 'n familie in die malariagebiede wat nie 'n persoonlike tragedie gely het nie.

Abdoulaye Diabaté van Target Malaria sê hulle het reeds 'n geneties gemodifiseerde manlike muskiet wat byna uitsluitlik manlike nageslagte produseer, wat beteken dat die vroulike bevolking en uiteindelik die hele bevolking uitgewis word. Hulle het ook 'n manlike muskiet ontwikkel wat 'n eier produseer wat nie uitbroei nie. Dié soort tegnologie sal uiteindelik beteken dat mense nie hulle gedrag hoef te verander nie, en dat die projekte nie van gesondheidsdienste afhanklik sal wees nie. – The Conversation 


Nuwe Wêreldorde!

Ministersposte beskikbaar! Aansoeke oop!

Dit wil voorkom of dit taai tye is daar by die Illuminati se hoofkantoor, waar dit ook al in 'n berg versink is. Die organisasie agter die Nuwe Wêreldorde stuur nou selfs uitnodigings op X en Facebook uit vir mense wat belangstel om aan te sluit. Dit wil lyk of die wêreld skielik 'n tekort ontwikkel het aan verrimpelde wit ooms met biljoene in Switserse bankrekeninge en 'n voorliefde vir rituele met maagde op volmaanaande.

So van rituele gepraat: Die Vrymesselaars stuur skynbaar ook sulke uitnodigings uit op sosiale media. Wat het van geheimhouding en eksklusiwiteit geword? Wat is volgende? Uitnodigings van die Ruiterwag? Die Junior Rapportryers?


Ingelse ordentlikheid is darem maar 'n indrukwekkende ding. Die BBC kan eindeloos moreel wees in hulle verslaggewing oor hulself. Soms net jammer dat hierdie eienskap nie deur die hele regering en sy buitelandse militêre vertakkings strek nie.


Van die skoot tot in die graf

Net nog 'n bewys dat vuilgatliedjies nie net deur koshuisseuns of aangeklamde vissermanne aan die Weskus uitgedink is nie.


As jy in korporatief is en oor die hele wêreld heen handel dryf, hou maar 'n paar veeltalige spesialiste aan. Volkswagen in Italië weet waarskynlik nie eens hulle X-handle is ietwat problematies nie.


En vir diegene wat in begraafplase belangstel, hier is 'n hele string lieflikes, van alle soorte.


Zef is roekeloos op die klippe

Vandeesweek publiseer ons 'n sesde aflewering uit die historiese www.watkykjy.co.za se Zef Slang-woordeboek met sorgvuldig uitgesoekte, prikkelende frases uit kokkelolstraat-Afrikaans, soos versamel onder leiding van die legendariese Gifford Peché. Ons erken dis erg adolessent, maar ook plek-plek werklik snaaks. Dis darem gelukkig vandag die laaste aflewering.

S

Stoute cokie – Brannas en coke. “Dinsdae is winsdae by Stones waar hulle net R6 vir 'n stoute cokie charge."

Straal  Sigaretaansteker, vuurhoutjies, vlam. “Sweef my 'n straal vir my zaan, man."

Streelperseel – Erotiese masseersalon. “My tydjie in die streelperseel het net ál beter en beter geraak."

Stypjan – Baie goed. “Daai nuwe Bon Jovi-tune is heavy stypjan."

Swaartrek – Hung Over. “Gerda het Maandag bietjie swaar getrek by die werk nadat sy Sondag flesgevat het."

T

Tarzan-tabak – Dagga. “Gee my 'n pluk van daai Tarzan-tabak sodat jy my nie verder omkrap nie."

Tent opslaan – 'n Horing. “As jy weer tent opslaan in die nabyheid van enigiemand aan my verwant, gaan ek jou ankerpale verwyder."

Tergtoutjie – G-string. “Ek slaan vinnig tent op as die dominee se vrou die sproeiers op die grasperk skuif in haar tergtoutjie."

Tos-Bollie – Pornografiese tydskrif. “Heidi, gee vir my die Tos-Bollie aan. Ek het die wind van agter en die genade van bo nodig."

Trilsmul – Fellatio. – “Babylon-klub op 'n Vrydagaand sal vir jou 'n trilsmul waarborg – om te gee of om te ontvang."

Tuppertiete – Silikoon-vergrote borste. “Ek sweer daai tannie met die tupper-tiete in Accounts was eers 'n man."

Tweeling – Dubbeldrankie. “Kaptein Skuim en coke, asb. Maak dit 'n tweeling."

V

Varkie – 5 liter-plastiekwynkan. “Rol daai varkie in die son dat hy kan revs optel."

Veldore – Gehoorapparaat. “As Oupa Manie bietjie orig raak, maak Ouma Mieta of sy nie haar veldore in het nie."

Vitamiene B&C – Brandewyn en Coke. “Nie te veel vitamiene B&C voor ons vriendskaplike stoeitoernooi later nie, Willem. Reg so, Gertjan."

Vleisfles – Vroulike borste. “Ag ma, kyk die baba vat vleisfles!" 

Vroetelvarkie – Sugar daddy. “Dié jong dame mors haar tyd met daai vroetelvarkie."

W

Windsurf – Langarmdans. “Dis een van daai boere-troues, die mense gaan seker windsurf."

Worsvoeding – Fellatio. “Te veel worsvoeding is ook nie ... ag wat, skadelose studentepret."


Gawe ou advertensie

Volkswagen en David Kramer het mekaar in 1983 gevind en 'n reeks baie suksesvolle Volkswagen-kombi-advertensies het gevolg. 'n Mens wonder vandag watter handelsmerk het die meeste by die verhouding baat gevind, Volkswagen of David Kramer?


Oud dog Goud

Hierdie was 'n klompie jaar gelede, by 'n postgeveg-perskonferensie van die Nederlandse kampioenskopbokser Rico Verhoeven. 'n Opponent wat reeds twee keer teen hom verloor het, Hesdy Gerges, het hom van die vloer af toegesnou. Nie een van die vier keer wat hy uiteindelik teen Verhoeven verloor het, kon egter so seergemaak het soos Verhoeven se reaksie nie, met die bulderende belediging van: “Vuile pannekoek!" Kyk tot by die einde. 

VWB


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou, maar hou asseblief by ons kommentaarbeleid.


Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.