Grootman Siya
Is Siya Kolisi die gewildste persoonlikheid oor all rasse en kulture in Suid-Afrika heen sedert Nelson Mandela? Luister net na die toejuiging aan die begin ...
Siya Kolisi. A national treasure. 🇿🇦 #RSAvNZL pic.twitter.com/7fVV9kjJ9a
— Jared Wright (@jaredwright17) August 31, 2024
Die Kaap sien hierdie week 'n rare toets teen die All Blacks. SARU was deur die jare nie vreeslik lus vir All Black toetse in Kaapstad nie, as gevolg van die groot steun en moontlike konflik vanaf die Kaapse Crusaders en die Kaapse steun vir die All Blacks.
Daar is darem hier en daar 'n ou wat tot sy sinne kom...
This is a victory!! pic.twitter.com/MaarEApZxh
— Schalk Burger (@skalabrak) September 5, 2024
En dié mooi woorde kom ook uit All Blacks se monde – legendariese All Blacks ...
Rarely do we see the @AllBlacks lose after a 10 point lead, heads up boys. @Springboks in South Africa at Ellis park always a tough one, the crowd and the Kolisi’s post match game interview were the real winners for me ❤️
— Sonny Bill Williams (@SonnyBWilliams) August 31, 2024
Dit gaan nie net oor die Bokke nie
As jy gewonder het hoe mense in Suid-Afrika oor rugby voel, 'n groot deel van die hart daarvan sit in die Boland.
If you wanna know how serious rugby is in South Africa..
— Gebaita!! 🇿🇦🏉 (@Da_Me_3) September 1, 2024
Robertson Town won there derby vs Robertson Rangers 66-18 yesterday.. Today they organised a convoy of 66 cars to drive around for 18 minutes.. pic.twitter.com/Cu8SZTrniW
Uitgestorwe kalkoen-ibis kom terug
Hier's 'n buitengewone en inspirerende storie as jy een soek. Wetenskaplikes is besig om 'n ibis-spesie wat al 300 jaar gelede in die wildernis uitgesterf het, weer te integreer daarin – en selfs om hulle weer hulle migrasieroetes van duisende kilometer te leer vlieg. 'n Paar kolonies het in dieretuine oorgebly en die wetenskaplikes het 36 van die voëls gekondisioneer om agter 'n mikroligte vliegtuigie aan te vlieg. Hulle is tans besig met 'n 50-dae reis op hulle oerroete van 2 800 km tussen Oostenryk en Spanje. Vanjaar is reeds die 17de reis met menslike gidse. Die kolonie, wat in 2002 begin is, bestaan al uit 300 voëls, waarvan 'n hele generasie in die natuur gebore is. Lees 'n volledige artikel hieroor in The Guardian.
The Don gee Keir ’n luitjie
'n Voorsmakie van wat sir Keir Starmer kan verwag wanneer Big Dick Don weer die troon bestyg.
🇬🇧🇺🇸 Donald Trump calls Keir Starmer
— Concerned Citizen (@BGatesIsaPyscho) September 1, 2024
“I’m hearing rumours you’re locking people up for posting memes - wtf you playing at you dirty Commie C**Sucker?”
Bravo to whoever did this 👏 pic.twitter.com/lB9d2FLG0w
Spotprente nie sy Trumpkaart nie
Ten spyte daarvan dat Donald Trump eintlik in 'n post-koerant-era leef, is hy seker een van die meeste getekende karakters in politieke spotprente in die geskiedenis, indien nie die meeste nie. Sy prominente en selfs groteske visuele kenmerke is 'n spotprentkunstenaar se manna. Hier is 'n paar uit die laaste week.
Steeds by Kamala en The Don
Nick Offerman behoort nie naby die aansoekvorms van die volgende America's Got Talent toegelaat te word nie, maar dit verhinder hom steeds nie om 'n meesterstuk te toonset nie.
Kamala and Tim need to play this as they walk out at their next rally.
— Scottacular (@Scottcrates) August 29, 2024
pic.twitter.com/a83t9azhTX
Pulitzer vir applous?
Hierdie hartseer prentjie laat mens dink aan die dominee wat op die preekstoel kom, en toe sit net Oom Gert stoksielalleen voor in die kerk.
Ds: “Oom Gert, het julle nie vir die mense gesê ek preek nie?"
Oom Gert: “Nee dominee, maar dit lyk my dit het tog iewers uitgelek!"
Is there a Pulitzer for subtitles? pic.twitter.com/AweWn99TbF
— Mark Lewis, MD, FASCO (@marklewismd) August 29, 2024
Kil ontvangs?
Soos die koei aan die boer gesê het: “Thanks for the warm hand." Maar nie in hierdie geval nie ... Dalk is dit omdat JD ook in 'n stadium 'n Never Trumper was.
“First time here?”
— Republicans against Trump (@RpsAgainstTrump) September 2, 2024
Vance: “First time here. Yeah.” 😕
pic.twitter.com/F755dzDYXL
Gaan jy lag of huil?
Die moeilik om te besluit hoe 'n mens vandag op die eerste televisie-uitsendings in 1976 in Suid-Afrika moet reageer.
5th of January 1976
— AgentLeon (@AgentLeonV3) September 2, 2024
The opening of the SABC with the first ever broadcast in South Africa pic.twitter.com/hsxuoxtqdi
Hanou, Aussies, dit gaan bietjie te vrolik!
Die Iranse regering het die Australiese ambassadeur in Tehran, Ian McConville, voor stok gekry oor materiaal wat op die ambassade se Instagram-rekening geplaas is, en wat deur die Iraniërs beskryf word as “buite die norme". Wat hulle eintlik bedoel is “gay".
Die Aussies het mense op Instagram gevra om deel te neem aan “Wear it Purple Day", en om pers klere aan te trek in solidariteit met die LGBTQIA+-gemeenskap en om die boodskap aan hulle oor te dra dat hulle trots op hulleself en welkom kan voel.
Homoseksuele seks is steeds teen die wet in Iran en kan met die dood gestraf word. Die Aussies het nie die materiaal verwyder nie.
Vories, die bal kom rol!
Die Japannese het die rolstoelrugby-wêreld verras deur die Amerikaners in die eindstryd van die Paralimpiese Spele se rolstoelrugby-kompetisie te klop.
Rolstoelrugby is 'n sport vir para- en kwadrupleë, en het eintlik nie veel meer gemeen met rugby as die geweld nie. En 'n bal. Maar dit it gebruik nie eers 'n ovaal bal nie.
Dit is in Kanada ontwikkel in die 1970's, grootliks om 'n alternatief vir rolstoel-basketbal aan kwadrupleë te bied. Dit het ook meer gemeen met handbal en basketbal as rugby. As jy wonder hoe kwadrupleë dit kan speel as hulle nie hulle arms kan gebruik nie – neem in ag dat sommige kwadrupleë wel gedeeltelike gebruik het: so 'n persoon kan dalk sy of haar arm lig en rondbeweeg, maar nie hande of vingers nie.
Dit word eintlik net “rugby" genoem omdat jy liefs nie 'n sport by Olimpiese Spele wil hê met die woord “moord" in die naam nie – die oorspronklike naam was “murderball"! Gewelddadig is dit beslis. 'n Mens se aanvanklike indruk is dat agt hoë-oktaan stampkarretjies agter 'n bal aan jaag. Trompopbotsings is niks snaaks nie, en die rolstoele val om en rol selfs holderstebolder.
Die ander super-interessante feit is dat dit 'n gemengde-gender spel is – 'n span bestaan uit vier spelers, en dit kan vier vroue wees, as jy wil. Daar was 'n Japannese vrou in die eindstryd, Kae Kurahashi, 'n Amerikaner, Sarah Adams, en met Australië in die derde plek was daar altesame vyf vroue op die podium.
6 September, ’n eeu gelede
Op 6 September 1924 het die Amerikaanse gangster en rower John Dillinger sy eerste groot roof probeer pleeg in 'n supermark in Mooresville, Indiana, saam met sy misdaadtjommie Ed Singleton. Hulle kon $50 gesteel kry – 'n karige bedraggie, selfs in 1924.
Die hopelose rampokkers is sommer die volgende dag al gevang. Dillinger se vader, 'n diaken in Mooresville en dus 'n man met 'n bietjie status, het met die Morgan County-aanklaer, Omar O' Harrow, gaan onderhandel en mooipraat en hy het toe ook sy seun omgepraat om aandadigheid aan die misdaad te beken en skuldig te pleit sonder om 'n regsverteenwoordiger te gebruik.
Die plan het lelik skeefgeloop toe hy nietemin 'n vonnis van tussen 10 en 20 jaar gekry het vir 'n rits misdade. In die 11 jaar wat Dillinger uiteindelik gesit het, het hy 'n bitterheid teenoor die samelewing ontwikkel, sonder twyfel aangewakker deur die pynlike behandeling wat hy vir gonorree moes ondergaan.
In die tronk het hy met verskeie loopbaanboewe soos Harry Pierpont, Charles Makley, en Homer Van Meter bevriend geraak. Die Dillinger-bende het die volgende dekade onder meer 24 banke en vier polisiestasie beroof voor hy doodgeskiet is.
Druk dit in jou oase
Groot nuus in Engeland is dat die Britse popgroep van die bakleiende belhamel-broers, Noel en Liam Gallagher, weer gaan musiek maak en toer. Dis nie oral met ewe groot entoesiasme ontvang nie.
Lekker ou advertensie
Castrol-olie. Seker een van die uniekste en mees doeltreffende Suid-Afrikaanse advertensies in die geskiedenis.
Oud dog Goud
Elke liefhebber van stand-up komedie moet ten minste een keer per jaar na die Skot Kevin Bridges se deurbraak-oomblik kyk. Die bekende busstop-grap.
♦ VWB ♦
NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou, maar hou asseblief by ons kommentaarbeleid.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.