My jaar van avontuur met Paul Lückhoff

WEEFWERK VAN VRIENDSKAP

My jaar van avontuur met Paul Lückhoff

TV-vervaardiger JAN HORN vertel van die aanbieder van die TV-program ‘Aanpassings' wat hom nie laat onderkry het deur verkeersmanne, restaurantbase, kort Japannese of die woestynson op Masada nie.

WIE het nou die dag gesê, “Al my vriende wat nog nooit voorheen dood was nie is nou dood.” Of so iets. En nou is Paul Lückhoff ook daarmee heen.

Die mense met wie jy lang paaie loop skep mettertyd ’n weefwerk van vriendskap en ervarings in jou lewe. ’n Tapisserie van herinnering wat deel word van jou menswees. En as hulle doodgaan rafel ’n stukkie van daardie tapisserie uit. Paul is weg, en ’n stukkie van wat ek is, is sommer ook weg.

Oor ’n leeftyd is daar baie mense wat bydra tot jou lewe se tapisserie. Party laat letsels maar die meeste dra by tot die skilderpatrone van jou lewensboek. Paul was so ’n mens. Hy kon nie anders nie. En mense om hom kon ook nie anders nie. Want Paul het jou aangeraak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.