#Woordjuwele: Ryk Hattingh en die dooie duif

TYDLOOS

#Woordjuwele: Ryk Hattingh en die dooie duif

Sommige tydlose skryfstukke verdien om in herinnering geroep te word, en ons gaan dit van tyd tot tyd doen. Hier is oorlede skrywer/dramaturg Ryk Hattingh, 'n senior redaksielid van Vrye Weekblad, se rubriek wat op 15 Mei 1992 gepubliseer is.

  • 20 September 2024
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 10 van 24

NIEMAND wil meer gesels nie. Almal staan agter hulle hand en mompel en as hulle sien jy toon belangstelling, prop hulle kaas en ham toebroodjies in hul kies en kou vir die vale. Hulle vee die krummels met die agterkant van hul pofferhande af en kies koers in die rigting van Kemptonpark waar hulle oor die toekoms moet gaan besluit.

Ek klop een van die mans in 'n grys snyerspak op die skouer en vra of my met my sal gesels oor al die toilette wat die Transvaalse landskap ontsier. Hy wys met sy dik voorvinger na sy vol kies en verskoon homself kopskuddend. Sy nekvel tril onwillekeurig – 'n duidelike teken dat sy cholesterolvlakke ongesond hoog is. Hy loop geboë in die gang af en dink aan 'n Switserse bank. 'n Ent vorentoe sien ek hoe hy 'n sigaret opsteek en die rook in 'n paddastoel bo sy kop uitblaas.

Ek soek iemand om mee te gesels, maar almal is skielik te haastig en wys met hulle vingers na hulle opgeblase monde en hulle Rolex-horlosies en stap weg. Al wat oorbly, is 'n swerm vaal stadsduiwe wat die vars broodkrummels oppik...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.