Ter plaatse gaan dit broekskeur
Boksports op Belfast
Kyk, ons gee nie maklik vir opposisiepublikasies krediet nie, maar Nadine Ramongane se Huisgenoot-storie oor ene Magda Vermeulen wat Belfast in Mpumalanga letterlik op horings het met haar meer as 128 boerbokke wat glo loop waar hulle lus het en tuine en ander eiendom verwoes, is 'n vyfsterwenner. Dit het al die regte elemente. 'n Vrou wat met 'n sweep rondloop én dit op haar vyande ontplooi, name soos Kersiepit, Whisky, Mallas en Miss Hartjie, gevegte met bakstene, 'n BMW wat deur 'n bok beklouter is en bokmoord.
Boksports in die sjebien
Die ou wat hierdie video van 'n proaktiewe Suid-Afrikaanse polisieman by 'n pompende byeenkoms gepost het, reken hy bederf 'n partytjie soos Manie Libbok hier na die einde van verrigtinge se kant toe.
When Manie Libbok crashes your party.. 🚫🥳 😡
Posted by The International Rugby Memes Club on Sunday, September 22, 2024
Boksport in die Kiwi's se koppe
Kopskoot hopelik vermy
Die dans van die aanhalingstekens
Joernalis Gus Silber leef vir sulke taalfoutjies wat betekenis betekenisvol verander.
I'm always on the "lookout" for "unecessary" quotation marks. I saw a "fine" example on a "sign" in Somerset West today. pic.twitter.com/vb9hTp76eE
— Gus Silber (@gussilber) September 23, 2024
Elders gaan dit slegter...
The Don deel by voorbaat heffings uit aan geliefde Amerikaanse maatskappye
Unprovoked In Pennsylvania, Trump attacks John Deere, "I'm notifying John Deere right now. If you do that, we're putting a 200% tariff on everything that you want to sell into the United States. So that if I win, John Deere is going to be paying a 200%." pic.twitter.com/sPbm4MWFSR
— Sarah Reese Jones (@PoliticusSarah) September 23, 2024
Die honde wil maar net nie gaan lê nie...
When he said they’re giving migrants sex changes I nearly spit out my dog
— Jon Savoy (@JonSavoyiSwear) September 11, 2024
In die Big Apple gaan dit die slegste
Al Capone met baba-olie
Die glibberige skandaal van seks, geweld, drank- en dwelmmisbruik, verkragting, manipulasie en wie weet wat nog als, rondom die hiphop-ster en -vervaardiger Sean Combs (ook bekend as Puff-Daddy, P-Diddy, Diddy, PD, Love) is die soort situasie wat mens maar alte bly maak dat jou ouma reeds oorlede is.
As alles wat beweer word waar is (en van die geweld teenoor vroue is duidelik op video vasgelê), is dit natuurlik niks om oor grappies te maak nie, maar van die feite van Combs se leefstyl is so bisar en ekstreem dat 'n mens nie anders kan as om dit op te haal nie.
Sy sekspartytjies, (sogenaamde Freak-Offs) wat 'n groep vriende, kennisse en werknemers betrek het, het om Combs as die sentrale figuur gedraai en dae lank aangehou, soms by 'n huis van hom en soms in hotelle. Hy sou groepe prostitute, mans én vroue, vir maraton-sekssessies huur, volgens die FBI soms met die deelnemers onder dwang.
Combs sou glo gereeld self die seksuele interaksie verfilm terwyl hy die beligting aanpas en gereeld saam masturbeer. Combs se seksryk het begin ontrafel nadat 'n voormalige minnares van hom, Casandra Ventura, hom in November verlede jaar aangekla het van verskeie vorme van mishandeling in sy seks-orgies in 'n siviele saak.
Die getuienis wat intussen na vore gekom het, het die staat genoop om Combs krimineel aan te kla, en hierdie saak het nou momentum gekry.
Dwelms is glo in oorvloed deur Combs uitgedeel, onder andere om mense mee te beheer of stamina te gee.
In hulle klopjagte op sy Miami-huis het die FBI afgekom op 'n duisend botteltjies baba-olie en lubrikante en mediese toerusting om vir gaste drips aan te sit ná dae se dwelmmisbruik en seks. In sy agterplaas was 'n bed van 50 voet lank, waarskynlik met die idee van volle partytjie-deelname.
Diddy word aangehou in 'n federale gevangenis in Manhattan tot hy weer verskyn.
Waarskynlik die slimste kommentaar op Combs se doen en late die afgelope paar jaar kom van die rappers Eminem en 50Cents. As die polisie tog maar net mooi geluister het.
@hollycockerill Eminem tried telling us #fyp #foryou #eminem #pdiddy ♬ original sound - Jeff Reckson ❤️
Don Daddy, Don Diddy ...
Die politieke komediant Jimmy Kimmel kon ook nie die kans laat verbygaan om 'n stekie na Donald Trump in te kry nie.
— Ali van Wyk (@NcaRoeker) September 23, 2024
1000 baby oil bottles is wild https://t.co/fKsg07NI6X via @9GAG
— Ali van Wyk (@NcaRoeker) September 24, 2024
Komedie loop destyds ’n taboe plat
Voor die groot godsdiensspotters in die komedie-wêreld opgedaag het, soos George Carlin, Bill Maher, Eddie Izzard, Ricky Gervais en Jim Jefferies, was daar twee Ierse komediante in die vroeë 1970's, Billy Connolly en ene Dave Allen.
Ireland’s greatest comedian: “Happy to be an atheist” pic.twitter.com/eI8fXWUlPv
— John Pitchford🌹💙 (@Johnnypapa64) September 18, 2024
Hoera vir handwerk en stokperdjies
Oupa gooi kleur
'n Man van 93 het ’n ommekeer in sy dorp se lot bewerkstellig toe hy eendag 'n bevlieging kry en op die naaste muur begin skilder het. Huang Yung-fu was 'n jong soldaat wat in 1949 uit China gevlug het saam met 2 miljoen ander mense nadat Mao Zedong se Kommunistiese regering alle weerstand platgevee en die Volksrepubliek van China geskep het.
Die vlugtelinge in Taiwan is in tydelike dorpies gehuisves, wat mettertyd meer gevestig geraak het. Maar tien jaar gelede wou die regering dié dorpies begin platslaan en die mense hervestig. Dit was die enigste tuiste wat Huang Yun-fu en baie ander mense ooit geken en liefgehad het, maar al wat hy kon doen was om mure in die dorpie te beskilder. Deesdae is dit deesdae moeilik vir hom om 'n oop muur te kry, maar dit maak nie saak nie, want die Reënboogdorpie het 'n internasionale toerismebestemming geword, en niemand gaan dit nou meer platslaan nie.
Oupa gooi drama
'n Voormalige karaoke-kroegbestuuder van Hiroshima, Takashi Fujita, het Instagram aan die gons (of wat ook al met Instagram gebeur as een ou 200 miljoen pare oë lok), met sy mini-dramatonele wat hoofsaaklik uit figuurtjies bestaan wat van sneesdoekies gemaak is. Check hierdie onderwatertoneel uit.
Nie heeltemal Bitterpan se basaar-spookasem nie ...
Picassonini, of nie. Nie?
Versamelaars van kuns bied glo al naby aan $350 000 vir die driejarige Laurent Schwartz se skilderye aan. 'n Knippie sout, asb., maar wat wel waar is, is dat 'n bohaai daarvan gemaak word. Sy ma, Liza, het natuurlik eers sy werk op Instagram gesit, en dit was so gewild dat daar nou al 'n uitstalling was, en die bohaai loop al langer as ses maande. Besluit maar self. Moeder sê darem hy kan ophou met die verwery net wanneer hy wil.
Leer ken Gen Alpha se gebrabbel
26 September, 23 jaar gelede
Op 'n beraad tussen die Suid-Afrikaanse regering en die ANC het die partye ingestem tot 'n Memorandum van Verstandhouding. Die memorandum het 'n rooster opgestel vir die vestiging van 'n grondwetlike vergadering, 'n tussentydse regering en die hantering van politieke gevangenes.
Die regering en die ANC het ooreengekom dat alle politieke gevangenes, wie se vrylating 'n bydrae tot versoening kon lewer, vrygelaat moes word. Hulle het ooreengekom dat die vrylating van gevangenes wat misdade met 'n politieke motief gepleeg het op of voor 8 Oktober 1990, in fases uitgevoer sou word. Die sperdatum vir daardie proses was egter 15 November 1992.
Die memorandum is onderteken kort ná die begrafnis van slagoffers van die Bisho-slagting, toe 29 mense op 7 September 1992 deur die Ciskei-weermag doodgemaak is. In sy verklaring het die ANC-president, Nelson Mandela, die voorval beskryf as regverdiging vir niks minder nie as 'n moord-aanklag teen die apartheidsregering.
Oud Dog Goud
Lekker ou advertensie
Onthou Tito Lupini? Transvaalse vaskop-voorryman en restaurateur. Hy was glo 'n Lion Lager-kêrel. Ook nou al saliger.
♦ VWB ♦
NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op die bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou, maar hou asseblief by ons kommentaarbeleid.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.