WIE IS HEZBOLLAH?
Hezbollah: Agent van Iran, maaksel van Israel
Benjamin Netanyahu se strategiese kortsigtigheid met die hantering van die Hamas-aanvalle van 7 Oktober verlede jaar het gemaak dat organisasies soos Hezbollah 'n groter bedreiging vir Israel se voortbestaan inhou as ooit tevore, meen WILLEM KEMPEN.
WIE IS HEZBOLLAH?
Hezbollah: Agent van Iran, maaksel van Israel
Benjamin Netanyahu se strategiese kortsigtigheid met die hantering van die Hamas-aanvalle van 7 Oktober verlede jaar het gemaak dat organisasies soos Hezbollah 'n groter bedreiging vir Israel se voortbestaan inhou as ooit tevore, meen WILLEM KEMPEN.
Deel
HEZBOLLAH beteken “Party van God/Allah" in Arabies, in 'n deel van die wêreld waar daar nie 'n tekort is aan groepe wat 'n soortgelyke aanspraak maak nie. Die beweging het in 1982 in Libanon tot stand gekom nadat daardie land se bloedige burgeroorlog al sewe jaar aan die gang was, en agt jaar voordat dit in 1990 uiteindelik tot 'n einde gekom het. Hezbollah is gebore in reaksie op Israel se besetting van suidelike Libanon – wat weer die gevolg was van pro-Palestynse faksies wat Libanon gebruik het as basis om Israel aan te val. Dít kan weer teruggespoor kan word na onder meer die Nakba van 1948, toe 'n groot deel van die sowat 750 000 Palestynse vlugtelinge uit wat vandag Israel is 'n heenkome in Libanon gevind het.
Iran se Islamitiese Revolusionêre Wag het Hezbollah feitlik van die staanspoor af met geld, wapens en opleiding ondersteun. Hulle gedeelde visie was en is steeds om Israel uit te wis en Westerse invloed in die streek teen te werk. Hulle deel ook 'n navolging van Sjiïetiese Islam (terwyl Hamas 'n Soennitiese beweging is).
Ná die einde van die burgeroorlog in 1990 het Hezbollah se mag aangehou groei, met die verklaarde doel om Israel uit die suide van Libanon te verdryf. Die volgende keerpunt was in 1992 toe Hassan Nasrallah leier van Hezbollah geword het. Sy voorganger, Abbas al-Musawi, is op 16 Februarie van daardie jaar dood toe Amerikaanse Apache-helikopters van die Israeliese lugmag missiele afgevuur het op die drie voertuie waarin hy en sy geselskap in die suide van Libanon onderweg was. Al-Musawi se vrou, sy vyfjarige seun en vier ander mense is in die aanval dood. Israel het gesê dit was wraak vir die ontvoering en dood van 'n groep Israeliese dienspligtiges in 1986 asook die ontvoering van en moord op die Amerikaner William Higgins in 1988...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
President Kamala sal nie veel anders wees
Max du Preez: Die oorlog in Gaza ondermyn jou...
Hoe presies het Amerika tot hier gekom?
Gety draai teen Israel en VSA
Limpopo se swart Jode wil net hier bly
Deel
-
Deel
Willem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.