Kaap van hoop vir goeie bordele

LA DOLCE VITA

Kaap van hoop vir goeie bordele

In die gees van Erfenisdag Dinsdag het HERMAN LATEGAN die boek, ‘Wine, Women and Good Hope – A History of Scandalous Behaviour in the Cape' herlees. Hy blaai terug na 'n era in die geskiedenis toe skinderveldtogte, dronkpartye en straatgevegte aan die Kaap ewe veel as vandag floreer het.

IN 1652 toe die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie 'n verversingspos aan die voet van Afrika gevestig het, was dinge allesbehalwe kuis en inkennig. Die Kaap het vinnig die twyfelagtige reputasie ontwikkel van 'n plek waar jy veel meer as water, vrugte, groente en vleis kon kry.

Ek het onlangs toevallig weer afgekom op die boek Wine, Women and Good Hope – A History of Scandalous Behaviour in the Cape deur die genealoog en geskiedkundige June McKinnon, wat in 2015 gepubliseer is. Nogal sinchronisties, so met Erfenisdag vandeesweek.

In haar boek oordeel sy nie; sy beskryf 'n dekadente skerf van die geskiedenis van die Kaap. Sy gaan nie lighartig met die uitbuiting van die oorspronklike inwoners om nie, inteendeel, sy skep 'n atmosfeer waarin kaperjolle in 'n aardige jukstaposisie saam met 'n tipe gewetenloosheid saamleef...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.