KOSHUIS-KANSELLERING
Sondebok vir Maties se skaamtes
'n Oud-Wilgenhoffer, DAN BADENHORST, redeneer dat die Universiteit Stellenbosch se optrede teen Wilgenhof dieselfde breër gebrek aan menslikheid en kultuur weerspieël waarby die universiteit histories betrokke was.
KOSHUIS-KANSELLERING
Sondebok vir Maties se skaamtes
'n Oud-Wilgenhoffer, DAN BADENHORST, redeneer dat die Universiteit Stellenbosch se optrede teen Wilgenhof dieselfde breër gebrek aan menslikheid en kultuur weerspieël waarby die universiteit histories betrokke was.
Deel
IN VERLEDE week se VWB het Max du Preez en Willem Kempen tong in die kies bespiegel wat Wilgenhof se nuwe naam moet wees. Willem het Dingaan se hoofstat, uMgungundlovu, voorgestel en Max, Dubul’ ibhunu (maak dood die boer). Met sy outoritêre paternalisme (soos Dawie dit in Die Burger beskryf het), sal die Universiteit Stellenbosch seker Umshini wami (bring my masjiengeweer) verkies. Die raad se poging om Wilgenhof te “herverbeel”, beteken dat sy inwoners weggedryf en sy tradisies vernietig moet word, onder meer deur die koshuis tydelik te sluit en sy naam te verander.
Die US-administrasie het 'n verdere doelstelling: deur Wilgenhof te onthistoriseer, kan dit die donker skaduwee verwyder wat oor die universiteit hang weens sy eie rasgedrewe skuld en onetiese, wokelose verlede. Wilgenhof word daarmee die gerieflike sondebok vir die universiteit gemaak, en Azazel sal 'n gepaste nuwe naam vir die koshuis wees. In Levitikus in die Ou Testament word beskryf hoe Israel se hoëpriester op die dag van Yom Kippur die volk se sondes op 'n bok moet aflaai wat dan as versoeningsoffer in die woestyn gejaag word om by Azazel te vrek.
Dit spreek vanself dat optredes en tradisies wat mense se menslikheid aantas, verwyder moet word. Maar om woke te kan wees, veronderstel 'n bewussyn van alle soorte diskriminasie en sosiale ongeregtigheid. Dit sluit die vorige wit bevoordeling van die universiteit in, maar nie om studente te straf wat nie daaraan meegedoen het nie. Want dan word dit verabsoluteer soos 'n godsdiens as woke-isme, waarin dit as erfskuld oor die -isme gaan, oor human-isme en nie die humaniteit wat dit onderlê nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Dan Badenhorst
RegskennerDan Badenhorst het 10 jaar gelede afgetree as prokureur en het in immateriële goederereg gespesialiseer. Hy woon nou in Stilbaai.