Die akteur in die trefferstuk ‘Onder 'n bloedrooi hemel' hou nie daarvan om oor homself te praat nie, maar hy en CELESTE THERON vind mekaar oor 'n vreemde oomblik voor 'n teater.
SWAAR wolke dreig om enige oomblik te begin drup. Die blaarower is dig en gedurende die nag het dit saggies gereën in Stellenbosch. Ek staan buite Rhenish Girls' High School waar ek hoop om vir Brendon Daniels raak te loop ná die toneelstuk, Onder 'n Bloedrooi Hemel (https://woordfees.co.za/en/program/onder-n-bloedrooi-hemel/), waarin hy pas by die Woordfees (https://woordfees.co.za/en/) verskyn het. Dit is die dramaturg, Nicola Hanekom, se verwerking van Annemarié van Niekerk se ontroerende memoir. (https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624093596)Die stuk behandel moeilike vraagstukke waarmee Suid-Afrikaners elke dag worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, wit skuld en erfsonde.
Dit vertel die verhaal van Van Niekerk, vertolk deur Cintaine Schutte, se reis terug die verlede in; ná die moord op haar geliefde vriend Ruben en sy ma op 'n plaas buite Elliot in die Oos-Kaap. Annemarie neem haar lewe in oënskou in die konteks van die laat 1980’s om te besin oor die wreedaardige dade. Haar herinneringe word oorheers deur die patriargale stem van haar Broederbond pa, gespeel deur Deon Lotz. Sy dink ook terug aan haar liefdesverhouding met 'n swart kollega, Denzel, wat lewe kry deur Daniels.
Hy het al in verskeie verhoogproduksies, TV-reekse en rolprente verskyn en word beskou as een van ons land se beste akteurs. Daniels is bekend vir sy rolle in Skemerdans, Vallei van sluiers, Boland moorde, Die Francois Toerien Show en internasionale produksies soos Trackers en White Lies. Brendon kom oorspronklik van Elsiesrivier in die Wes-Kaap, waar hy in 'n hegte gesin grootgeword en gematrikuleer het. Hy is 'n meester- storieverteller, maar vandag wil ek weet wat sy storie is; hoekom hy hier is, op hierdie verhoog, en of hy belangstel om iets daarvan te deel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
WOORDFEES
Brendon Daniels: Die lewe is nie ’n repetisie nie
Die akteur in die trefferstuk ‘Onder 'n bloedrooi hemel' hou nie daarvan om oor homself te praat nie, maar hy en CELESTE THERON vind mekaar oor 'n vreemde oomblik voor 'n teater.
Deel
SWAAR wolke dreig om enige oomblik te begin drup. Die blaarower is dig en gedurende die nag het dit saggies gereën in Stellenbosch. Ek staan buite Rhenish Girls' High School waar ek hoop om vir Brendon Daniels raak te loop ná die toneelstuk, Onder 'n Bloedrooi Hemel (https://woordfees.co.za/en/program/onder-n-bloedrooi-hemel/), waarin hy pas by die Woordfees (https://woordfees.co.za/en/) verskyn het. Dit is die dramaturg, Nicola Hanekom, se verwerking van Annemarié van Niekerk se ontroerende memoir. (https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624093596)Die stuk behandel moeilike vraagstukke waarmee Suid-Afrikaners elke dag worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, wit skuld en erfsonde.
Dit vertel die verhaal van Van Niekerk, vertolk deur Cintaine Schutte, se reis terug die verlede in; ná die moord op haar geliefde vriend Ruben en sy ma op 'n plaas buite Elliot in die Oos-Kaap. Annemarie neem haar lewe in oënskou in die konteks van die laat 1980’s om te besin oor die wreedaardige dade. Haar herinneringe word oorheers deur die patriargale stem van haar Broederbond pa, gespeel deur Deon Lotz. Sy dink ook terug aan haar liefdesverhouding met 'n swart kollega, Denzel, wat lewe kry deur Daniels.
Hy het al in verskeie verhoogproduksies, TV-reekse en rolprente verskyn en word beskou as een van ons land se beste akteurs. Daniels is bekend vir sy rolle in Skemerdans, Vallei van sluiers, Boland moorde, Die Francois Toerien Show en internasionale produksies soos Trackers en White Lies. Brendon kom oorspronklik van Elsiesrivier in die Wes-Kaap, waar hy in 'n hegte gesin grootgeword en gematrikuleer het. Hy is 'n meester- storieverteller, maar vandag wil ek weet wat sy storie is; hoekom hy hier is, op hierdie verhoog, en of hy belangstel om iets daarvan te deel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Louis Viljoen, teater se duister rock-ster
Die mistiek van Laudo se musiek
Maak jou hande vuil (en rol jou eie tampons)
15+3 vrae aan Ludwig Binge
Ravensmead se vergete dramaturg
Wat die mansaal ’n maagd kan leer
Dié storieverteller se stem is nie dood nie
Deel
-
Deel
Celeste Theron
SkrywerCeleste Theron is ’n skrywer en kunstenaar van Pretoria.