ONDERHOUD
Rolanda se wilde rit die hok uit en terug
Ná 'n ‘Hedda Gabler’ by die Woordfees waar die vernietiging van lewens met chaotiese danse gepaard gaan, is die nimlike akteur Rolanda Marais nog sonder letsels en so opgewek soos altyd, skryf CELESTE THERON.
ONDERHOUD
Rolanda se wilde rit die hok uit en terug
Ná 'n ‘Hedda Gabler’ by die Woordfees waar die vernietiging van lewens met chaotiese danse gepaard gaan, is die nimlike akteur Rolanda Marais nog sonder letsels en so opgewek soos altyd, skryf CELESTE THERON.
Deel
DIS min dat 'n mens iemand so eg soos Rolanda Marais ontmoet, wat werklik gemaklik in hulle eie vel voel. Ek moet bieg, ek het geen idee gehad wat om van haar in persoon te verwag nie.
Ek ontmoet Rolanda onder in die Adam Small-ouditorium, nadat sy so pas opgetree het in Christiaan Olwagen se nuwe produksie, 'n verwerking van Henrik Ibsen se Hedda Gabler (1891), wat by die Toyota Stellenbosch Woordfees gedebuteer het. Olwagen het die akteurs gekies met wie hy 'n noue vertrouensverhouding het: Rolanda (Hedda), Albert Pretorius (Tesman), Ludwig Binge (Løvborg), Martelize Kolver (Juliana), Ashley de Lange (mev. Elvsted) en Stian Bam (Brack).
Ek voel effens verwilderd terwyl ek 10 minute sit en wag vir haar: My bloedsuikervlakke is laag weens die geweld van die toneelstuk. Tussen die menigtes wat uit die teater stroom in 'n gedruis van onontsyferbare frases, verskyn Rolanda byna onopsigtelik in 'n heldergroen T-hemp en geblomde vintage-romp met haar nat hare agteroor gekam. Sy is fyn en klein van postuur. Haar gesig is vars gegrimeer: Daar is byna geen blywende letsels van die gekweste karakter wat sy so pas vertolk het nie. Waar is die morsige mens wat 10 minute gelede die gehoor deur bloed en grond gesleur het? vra ek myself af terwyl ons deur Stellenbosch se strate drafstap op soek na 'n stil koffiekroeg...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die lewe is nie ’n repetisie nie
Louis Viljoen, teater se duister rock-ster
Maak jou hande vuil (en rol jou eie tampons)
15+3 vrae aan Ludwig Binge
Ravensmead se vergete dramaturg
Dié storieverteller se stem is nie dood nie
Fokofpolisiekar fokof nie gou nie
Deel
-
Deel
Celeste Theron
SkrywerCeleste Theron is ʼn skrywer en kunstenaar van Pretoria.