Fred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.
MONETÊRE MUSIEK
Wanneer fanaties nie meer fantasties is nie
Soms kan jou getroue volgelingskap van 'n band jou die slagoffer maak van 'n publisiteitsmasjien wat nie altyd werk nie, sug FRED DE VRIES.
Deel
EK is mal oor Wilco, seker my gunstelinggroep van die afgelope 10, 20 jaar. Hulle stel konsekwent albums bekend wat nuwe horisonne verken terwyl hulle hoë skryfstandaarde vir songs handhaaf. Ek het hulle al vier keer gesien, in België, Nederland en die VSA, en hulle stel nooit teleur nie.
Vir elke optrede gebruik hulle 'n heeltemal ander songlys, terwyl hulle altyd 'n paar interessante covers in die mengsel gooi (soms speel hulle net covers en werk van lyste songs af wat aanhangers vir hulle gee). Soms konsentreer die band, wat gebou is rondom die genialiteit van die songskrywer Jeff Tweedy, op die soet, sagte kant, ander kere mik hulle vir harde, eksperimentele, atonale kitaargeraas, onder die aansporing van Nels Cline wat geëlektrifiseer lyk as hy in daardie mal sone kom, asof hy sy vingers in 'n muurprop gesteek het.
Hulle het al 13 ateljee-albums gemaak, en 'n nuwe EP is pas uitgereik. Die musiek is Americana (daardie ondefinieerbare samesmelting van country, folk, pop en rock) met punkwortels en eksperimentele sywaartse ekskursies, ideaal vir seuns en meisies ouer as 50, wat byt, melodie en 'n taamlike dosis melancholie nodig het om te verhoed dat die bloed in jou are stol. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die katedraal van die Triffids
Lui die doodsklok vir musiekjoernalistiek?
Is spartelende Taylor Swift die nuwe Jesus?
Moorddadige tieners en internet-fandoms
Kultus jou hier, kultus jou daar
R.E.M. se superhelde
Oor prysuitdelings, cinsault, en ’n podsending oor Isis
Deel
-
Deel
Fred de Vries
JoernalisFred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.