READ THE ROOM
Mening: ‘Die formele media se dae is getel’
Joernaliste sal baie meer vermag as hulle eerder hul lesers se wêreld inkleur, wyer inligting en perspektiewe verskaf, en dan lesers toelaat om self te besluit, sonder om vir hulle te preek en hulle te wil veroordeel, skryf 'n Vrye Weekblad-leser, DANIE LOOTS, in 'n e-pos aan Max du Preez. Dit was in reaksie op 'n uitnodiging aan lesers om idees te deel oor hoe hulle Vrye Weekblad sou wou sien.

Deel
Beste Max
Langenhoven het gesê dat jy jou skuld moet vereffen vóór iemand daarvoor vra en raad gee nádat hy raad gevra het. Ek het jou stuk Maandag as raad vra geïnterpreteer. My beperkte tyd het gemaak dat ek amper ’n week lank aan hierdie e-pos gewerk het.
Ek het ongelukkig nie ’n plan of raad vir die voortbestaan van Vrye Weekblad en formele media nie. Ek sal wel so tussenin ’n bietjie verkoopsadvies probeer gee. Ek wil ook nie raas, baklei of beskuldig nie; vir seker nie debat ontlok nie. Daar is ook ’n sterk moontlikheid dat my behoeftes aan formele media nie versoenbaar is met VWB se visie nie. Ek hoop hierdie brief gaan ten minste vir jou ’n perspektief gee. Jy het my toestemming om die brief of dele daarvan te plaas in VWB, as dit vir jou sinvol sou wees. Ek sal ook erken wat jy persoonlik vir my beteken het, maar ek het gedink om die sweet talk vir later te los...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Keiser Elon is kaal sonder sy ruimtepak
Cabanac vat die pad, Thembi klou soos ’n neet
Tussen jou en my lê daar ’n woord
Los tog maar die politieke etikette
Deel
-
Deel