AS dit kom by belegging in 'n nuwe onderneming, is dit moeilik om te dink dat Elon Musk sou belangstel om 'n gholfbaan te ontwikkel of 'n hotel te bou – die soort projekte wat omtrent die piek is van sy mees onlangse beste vriend, Donald Trump, se entrepreneuriese avontuurlus. Maar as hulle twee se paaie die dag dramaties gaan skei, wat heel denkbaar is, sal dit nie snaaks wees nie as Musk kort daarna vorendag kom met planne vir swaartekragvrye setperke by Augusta of hotelle in die wolke wat outonoom kan beweeg na waar hulle die nodigste is. En selfs al vertel Musk ons dat sulke drome hom jare gaan kos om werklikheid te maak, sal baie mense dadelik die maande begin aftel vir hom om dit reg te kry. Hulle sal hom nie net glo dat dit gedoen kan word nie, hulle sal ook gereed wees om saam met hom daarin te begin belê.
As jy genoeg mense vra, sal jy óf hoor dat Elon Musk 'n buitengewone ingenieur is óf dat hy net effens bogemiddeld is. Jy sal hoor dat hy 'n visioenêre leier is wat bereid is om sy hande op die fabrieksvloer vuil te maak, óf dat hy 'n aaklige baas is wat onmoontlike sperdatums stel en aandring op uiterste toewyding van sy werknemers. Jy sal hoor van die onstuimige kultuur in baie van die werkplekke onder sy bestuur, maar jy sal ook hoor van die lojaliteit wat hy inspireer deur sy bereidwilligheid om persoonlik risiko's te loop en saam met sy spanne te werk wanneer dinge moeilik begin raak.
Hy kan net so tegnologies innoverend wees as wat hy aan uitgediende bestuurspraktyke skuldig is. Hy kan die een dag die geek in 'n T-hemp wees wat dagga in Joe Rogan se ateljee rook; die volgende dag lyk hy ontuis in 'n das en baadjie wanneer hy Cyril Ramaphosa ontmoet. Hy bestuur of is andersins betrokke by 'n hele rits uiteenlopende besighede, maar dit lyk asof hy altyd presies weet wat by almal aangaan: van Tesla (https://www.tesla.com/) en SpaceX (https://www.spacex.com/) tot Neuralink (https://neuralink.com/) tot xAI (https://x.ai/about) tot Starlink (https://www.starlink.com/) en X (https://x.com/home) en The Boring Company (https://www.boringcompany.com/), dis 'n lang lys...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
ELON DIE ENTREPRENEUR
Voorwaarts, Mars! (En voorwaarts, Musk!)
Elon Musk is op enige gegewe oomblik net so naby aan monumentale sukses as aan skouspelagtige mislukking, meen WILLEM KEMPEN.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Keiser Elon is kaal sonder sy ruimtepak
Tonge klap in Trump en Musk se groot gesprek
Brood en sirkusse van leuens maak Trump se pad oop
Nie eens geld tel meer nie, net jou TikTok-klieks
Iewers tussen utopie en ons almal se ondergang
Bitcoin nou meer as $71 000
Deel
-
Deel
Willem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.