Hoekom Trump en die tjippies ’n meesterskuif was

IN DIE PYLVAK

Hoekom Trump en die tjippies ’n meesterskuif was

Wanneer Amerika in verkiesingshisteriemodus ingaan, kan jy nie meer stemme met beter beleid en argumente werf nie. Die Amerikaanse burger ANDRÉ-PIERRE DU PLESSIS skryf dat jy veel laer moet mik.

AS JY verlede Sondag gaan tjippies koop het by ’n McDonald’s in Pennsylvania sou jy dalk gelukkig genoeg gewees het om ’n presidensiële eerste te beleef: ’n Papiersak vol hamburgers wat deur die drive-thru-venster aan jou oorhandig word deur ene Donald Trump. Boonop sou hy daarvoor betaal het en sou jy jouself moes skop dat jy nie méér gemorskos vir middagete bestel het nie.

Hierdie is die tipe truuk wat ’n mens onthou, ongeag wie volgende jaar in die Withuis beland as Amerika se 47ste staatshoof.

Trump in ’n swart-en-geel voorskoot, besig om aartappelskyfies in kokende olie te dompel, al sukkelend met die soutpot, was die soort bemarkingsfoefie wat gemaak is vir ons tyd. Dis die tipe ding wat die TikTok-generasie juis wíl sien in ’n land waar Maccy D’s op sigself die samelewing simboliseer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.