’n Happy place met pandjieswinkels en opgaarders

DIE MOOT

’n Happy place met pandjieswinkels en opgaarders

Die Mootlot in Pretoria is innemend, innoverend en ondersteunend. Hulle ken mekaar by die naam. En weet wie koop wat waar, skryf CELESTE THERON.

MENSE van die Moot in Pretoria is onversadigbare opgaarders. Ek inkluis. Om iets op te gaar moet jy dit ook kan bewaar, analiseer en kategoriseer. Agter elke groot versameling sit 'n versamelaar, wat noukeurig kan rondsnuffel tussen stront en snuisterye om ware skatte op te delf.

Wat my nuuskierigheid prikkel, is dat elke versamelaar gewoonlik 'n ma of pa het wat die belangstelling by hulle aangewakker het. Daar was in 'n stadium 16 pandjieswinkels in die Moot. Dis dié dat ons 'n antiekroete het, Route 6, maar die Moot behoort ook ’n roete vir tweedehandse boeke uit te lê.

Ná Covid-19 het net ses oorgebly, waarvan Bellbottoms (gestig in 1999) die grootste kulturele verlies is. As kind het ek ná skool dikwels daar gedraal. Daar was gangetjies en draaie met 'n stel steil trappe vol gerangskikte groen glasbotteltjies waaroor jy moes klim. In die boonste vertrek het rye bont rokke van die '70’s gehang. By die toonbank kon jy Stop Apartheid-badges koop. In die agterste vertrek was Didi Bairos se plateversameling, alfabeties volgens genre geliasseer. Hulle het die beste blues en funk gespeel. Coba Bairos het altyd buite Bellbottoms gestaan met 'n koffie en sigaret in die hand. Ronel Nel (rus in vrede) het altyd spottend na ons as die Mootlot verwys...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.