Jan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.
MOEDER VAN ALLE BOODSKAPPE
Hoe sal jý ’n tydskapsule vir die nageslag pak?
As jy goeters in 'n geseëlde kapsule moet los vir jou nageslagte 'n paar eeu van nou – kulturele artefakte, boeke, musiek, wetenskaplike dokumente, voorbeelde van tegnologie – wat sal dit wees? vra JAN HORN. Wat wil jy hê jou kinders se kinders se agterkleinkinders moet van jou weet?
Deel
DIE datum is 8113, so sesduisend jaar van nou af. In ’n argeologiese opgrawing in Amerika ontdek wetenskaplikes ’n vreemde betonstruktuur so groot soos ’n swembad. Wanneer hulle uiteindelik toegang tot die inhoud kry, staan hulle verstom.
In 1936 het dr. Thornwell Jacobs, argeoloog en kenner van antieke Egiptiese geskiedenis by die Georgia-Universiteit in Amerika, besef hoe min ons eintlik van ons beskawing se geskiedenis 6 000 jaar gelede weet. Dit was hoofsaaklik maar die inhoud en geskrifte van die Egiptiese piramiedes en die spykerskrif-rekord op kleitablette van die Assiriërs. Hy het toe gewonder wat ons kon nalaat vir mense 6 000 jaar in die toekoms om hulle ’n idee te gee van hoe ons geleef het, en hoe die aarde toe gelyk het. Hy bou toe ’n Crypt of Civilization, pak dit vol voorwerpe, films, foto’s, musiekinstrumente, grammofoonplate van musiek en klankopnames en ook ’n honderd boeke. Omdat Engels en ons alfabet definitief nie meer sal bestaan nie het hy ook ’n soort van platespeler ingesluit wat, as jy die slinger draai, prente terugspeel met die beskrywing daaronder en ’n stem wat dit lees. Iets soos ’n koei wat gras vreet met die onderskrif, “The cow eats grass,” en ’n stem wat dit lees.
Vier jaar later is die tydkapsule verseël om eers in die jaar 8113 oopgemaak te word. Dit het saamgeval met die begin van die Tweede Wêreldoorlog. Voor hulle dit finaal verseël het, het Jacobs ’n boodskap ingesluit...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Reuse-fossielvonds in Karoo skud die wêreld
Is SA tog die geboorteplek van die mens?
Waar is almal? Die soeke na lewe elders in die heelal
Ons is 'n groot en deurmekaar familie, ons Suid-Afrikaners
My jaar van avontuur met Paul Lückhoff
Dalk wag ’n monument vir LaMDA op ons
Die laaste speelfilm van die heelal
Sop vir jou
Deel
-
Deel
Jan Horn
SkrywerJan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.