Moshoeshoe: Die staatsman wat nee gesê het vir geweld en uitsluiting

DIE BASOTHO IS 200 JAAR OUD

Moshoeshoe: Die staatsman wat nee gesê het vir geweld en uitsluiting

Die Basotho vier vanjaar hulle 200ste bestaansjaar, 1824 synde die jaar toe Moshoeshoe hom op die plat bergvesting Thaba Bosiu gaan vestig en mense om hom begin verenig het. Maar daar is baie meer Sotho-sprekers in Suid-Afrika as in Lesotho, skryf MAX DU PREEZ, en wonder hoekom die vader van die Basotho nie soveel erkenning kry as Shaka, die vader van die Zoeloes nie.

VOLGENS die ontstaansmite van die Basotho het hulle vroegste voorvaders uit die grond te voorskyn gekom by ’n plat heuwel met die naam Ntsoanatsatsi, die Opkomende Son, tussen vandag se Vrystaatse dorpe Vrede en Frankfort. Dié Sotho-weergawe van die Bybelse tuin van Eden staan nou as Tafelkop bekend.

Daar is vandag genoeg argeologiese getuienis dat ’n Sotho-sprekende klan, die Bafokeng, wel heelwat langer as 500 jaar gelede rondom Ntsoanatsatsi gewoon het. Hulle was deel van ’n groot migrasie Bantoesprekende landbouers en ystersmede uit die Groot Mere-gebied wat rondom ’n duisend jaar gelede of vroeër die grense van die huidige Suid-Afrika oorgesteek het. Hulle was in twee taal- of dialekgroepe verdeel, die Nguni langs die ooskus en die Sotho-Tswana in die binneland.

Die San/Boesmans was natuurlik die hele streek se eerste inwoners...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.