NIE IN GOEIE TROU?
Is dít eintlik die rede vir aandrang dat Wilgenhof moet sluit?
DIRK VAN DER MERWE het hom in 1993 deur die poorte van Wilgenhof op Stellenbosch begewe, en uiteindelik vyf jaar lank daar gebly. Hy volg die ontwikkelings rondom dié manskoshuis sedert die berugte Hool 88-onthullings met 'n skerp oog, en het ná die onlangse berigte oor die rektor van die Universiteit Stellenbosch se betrokkenheid by die Wilgenhof-verslag genoop gevoel om sy persoonlike opinie te lewer. Hy beklemtoon dat dit nie 'n regsmening is nie.

Deel
EK het my hele voor- en nagraadse studieloopbaan in Wilgenhof deurgebring saam met 'n wyd uiteenlopende groep ouens wat nou nog my beste vriende is. Ek erken dus ruiterlik dat ek geensins objektief is oor die drama wat dié koshuis van die Universiteit Stellenbosch tans omgewe nie.
Ek beoog ook nie om te herhaal wat ander mense soos Jo Prins, Dan Badenhorst en Christoff Odendaal reeds veel beter in verskeie skrywes in Vrye Weekblad gelug het nie. Ek gaan ook nie kommentaar lewer op die meriete van die huidige regsgeding tussen die Wilgenhof Alumni (“die Oumanne”) en die Universiteit Stellenbosch nie. Die hofstukke is in die openbare domein en dit is nou die hof se taak om die regte oordeel te vel.
Ek wonder egter nou al 'n geruime tyd wat aanleiding gegee het tot die onverbiddelike aandrang van die US dat Wilgenhof gesluit moet word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Sondebok vir Maties se skaamtes
20 September 2024
Kanselleer sommer die hele US
Van Wilgenhof na Wokenhof
Die Kremlin slaan toe op Wilgenhof
Varsity: Formasie of konformasie?
Wilgenhof: Hoe lyk dit met ’n ontgroeningsmuseum?
Deel
-
Deel
Dirk van der Merwe
RegsgeleerdeDirk van der Merwe is ’n advokaat wat nie betaal word om op ’n seepkis te klim oor Wilgenhof nie.