Raketballet: As die onderbroek te knap sit

TENNIS

Raketballet: As die onderbroek te knap sit

ISABEL MEYER is 'n tennisliefhebber wat haar kan verkyk aan al die vreemde dinge wat dié sport se beroepspelers soms aanvang.

IS DIT net ek, of let ander mense ook die gewoontes en gedoentes van professionele tennisspelers op TV op? Die tennisjaar is besig om uit te loop, met die laaste toernooie wat tans gespeel word voor die spelers ook ’n blaaskansie neem, totdat die krane weer vroeg in die nuwe jaar oopgedraai gaan word. Sonder om spelers by die naam te noem, sal ywerige leunstoel-tennisondersteuners dalk ook die doen en late van veral enkelspelspelers herken.

Die eerste vraag is: Hoekom is sekere mansspelers se onderbroeke so knap? ’n Mens sou selfs heimlik kon wonder of die manne kla, en of hulle eintlik ’n bietjie spog. Dit is ’n getrek en ’n gevroetel aan broeke tussen afslane. Dis dalk bloot ’n nare gewoonte wat hulle bloots ry. Kan die maatskappye wat die tennisuitrustings verskaf, nie dalk ook help met gepaste, knuspas-onderbroeke nie?

Wat volgende opval, is die spoed waarteen polshorlosies van allerlei elite-verskaffers ná afloop van ’n wedstryd deur party spelers aangesit word. Skaars is die wedstryd verby, die baan verlaat en die ergste sweet afgevee, dan pryk die pronkstuk reeds aan die arm. Party van hierdie horlosies is so opvallend dat toeskouers selfs uit die boonste sitplekke sonder veel moeite die besondere maak kan eien. Die TV-kameras maak ook nogal ’n punt daarvan om daarop te fokus – veral as die toernooi deur die betrokke prestige-maatskappy geborg word. Selfs spelers se afrigters en familie sal soms met soortgelyke uurwerke paradeer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.