Breyten Breytenbach het in September 85 geword, wat 'n goeie rede is om weer dié huldeblyk te lees wat AZILLE COETZEE vyf jaar gelede vir VWB geskryf het.
VERLEDE week word Breyten Breytenbach 80 jaar oud en toe onthou ek weer van hom. Ek het hom jare nie gelees nie. Nie doelbewus nie, hy het my net ontgaan op ’n manier.
Dis nie toevallig nie, besef ek toe ek verder daaroor nadink. Ek dink dis veilig om te sê dat Breytenbach op die oomblik nie spesifiek in vogue is onder my generasie Afrikaanssprekendes nie. Hy is nie camp soos Loftus Marais, woke soos Pieter Odendaal, of cool soos Bibi Slippers nie. En sy werk is op allerhande maniere glad nie vergelykbaar met die rou, vroulike perspektiewe van swart en bruin jong digters soos Jolyn Phillips, Ronelda Kamfer, Koleka Putuma nie.
Dis nie dat ons vandag sy genialiteit ontken nie. In teenstelling met vorige generasies Afrikaners debatteer ons nie meer of ons hom deel ag van, of van waarde vir, die Afrikaanse taal en letterkunde nie. Ons aanvaar hom deesdae onomwonde as een van die heel belangrikste digters in die geskiedenis van ons taal. Afrikaans is deurtrek met Breytenbach, ons literêre verbeelding is deur hom gevorm. Ons het hom bestudeer op skool en universiteit, opstelle oor hom geskryf. Ons het sy liefdesgedigte gememoriseer. Telkens god verloor en gevind in die zen mistiek van sy verse. Breytenbach is ’n rite of passage vir ’n soort intellektuele (wit?) Afrikaans-wees van my generasie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIE IKOON IS 85
Breyten: Steeds onsigbaar agter die spieëlbeeld
Breyten Breytenbach het in September 85 geword, wat 'n goeie rede is om weer dié huldeblyk te lees wat AZILLE COETZEE vyf jaar gelede vir VWB geskryf het.
Deel
VERLEDE week word Breyten Breytenbach 80 jaar oud en toe onthou ek weer van hom. Ek het hom jare nie gelees nie. Nie doelbewus nie, hy het my net ontgaan op ’n manier.
Dis nie toevallig nie, besef ek toe ek verder daaroor nadink. Ek dink dis veilig om te sê dat Breytenbach op die oomblik nie spesifiek in vogue is onder my generasie Afrikaanssprekendes nie. Hy is nie camp soos Loftus Marais, woke soos Pieter Odendaal, of cool soos Bibi Slippers nie. En sy werk is op allerhande maniere glad nie vergelykbaar met die rou, vroulike perspektiewe van swart en bruin jong digters soos Jolyn Phillips, Ronelda Kamfer, Koleka Putuma nie.
Dis nie dat ons vandag sy genialiteit ontken nie. In teenstelling met vorige generasies Afrikaners debatteer ons nie meer of ons hom deel ag van, of van waarde vir, die Afrikaanse taal en letterkunde nie. Ons aanvaar hom deesdae onomwonde as een van die heel belangrikste digters in die geskiedenis van ons taal. Afrikaans is deurtrek met Breytenbach, ons literêre verbeelding is deur hom gevorm. Ons het hom bestudeer op skool en universiteit, opstelle oor hom geskryf. Ons het sy liefdesgedigte gememoriseer. Telkens god verloor en gevind in die zen mistiek van sy verse. Breytenbach is ’n rite of passage vir ’n soort intellektuele (wit?) Afrikaans-wees van my generasie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die vrou wat Afrikaans weer hups gemaak het
Die begaafde broers Breytenbach
Diere praat sag met Anna Breytenbach
Boeke | Die digtheid van digkuns
Toe Jan Rabie nog die toekoms kon voorspel
Lig, liefde en lewe in die Bôrdienghuis
Deel
-
Deel
Azille Coetzee
AkademikusDr. Azille Coetzee is die skrywer van In my vel: 'n reis (Tafelberg-Uitgewers) en ’n nadoktorale genoot by die leerstoel in genderpolitiek aan die Stellenbosch Universiteit.