Anderkant die tantra-tantes van Tietiesbaai

SEKSUELE VERKENNING

Anderkant die tantra-tantes van Tietiesbaai

Daar is 'n paar weergawes van tantra-seks, maar op sy beste behels dit 'n spirituele ingesteldheid op 'n pad wat deur die liefde loop. CELESTE THERON skryf oor haar eie reis om lyf en emosie by mekaar uit te kry.

GELIEFDES, is daar enigiets erger onder hierdie son as slordige seks? Dalk sal Gretha Weet. Het jy al gehoor van die tantra-tendens in die Kaap – die heilige sekswerkers met hulle lappe en krale wat kom met 'n kuur vir elke kwaal, teen 'n hewige bedrag? Al het ek my bedenkinge oor sommige van hierdie opportunistiese healers wat manies op kaal strande onder die maan wals, moet ek bieg ek is 'n fan van tantra: geestelike genesing deur liggaamlike toenadering het vir my sin.

Met hande kan ’n mens kommunikeer, vertroosting bring en op talle verskillende vlakke genees. Ek weet dit, want ek moet gebaretaal praat met my kind en op sy lyftaal reageer – wanneer ek hom nie verstaan nie, kan ek met 'n hug na hom toe uitreik. Ons albei verstaan daai taal. Aanraking wat geskied deur liefde en die doel om te genees verlaag die streshormoonvlakke in die liggaam en bevorder die immuunstelsel se werking. 'n Blote streling of omhelsing kan 'n soortgelyke genesingsreaksie ontlok wat lank ná die fisieke daad voortduur.

Tantra is 'n spirituele ingesteldheid teenoor seks en loop 'n pad deur die liefde. Daar is verskeie tantra-tradisies. In die Kaap sal jy waarskynlik in 'n neotantraklas beland. In Pretoria beteken tantra bloot 'n handjob waarvoor jy gaan betaal. In Sandton is die tantra-geriewe toegerus vir ál jou soetsappige behoeftes. Vanuit ’n Westerse perspektief is die neiging om dit te benader as 'n luukse produk van seks. En dit ís luuks, aangesien jy omtrent R1 500 moet opdok vir 'n werksessie. Holistiese welwees-neigings, seksuele bemagtiging, geestelike nuuskierigheid en kulturele blootstelling het alles bygedra tot 'n hernude en groeiende belangstelling in tantriese praktyke wat in die Kaap begin posvat het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.