Die Ice Baby wat Donald se brieke moet wees

TOWER-STAF-HOOF

Die Ice Baby wat Donald se brieke moet wees

Die politieke establishment in Washington hoop dat Donald Trump se pas aangestelde stafhoof die narre uit die Withuis sal kan hou, skryf MAX DU PREEZ.

SY lyk soos 'n skaam, voorstedelike tante en sy kruip graag agter 'n sonbril met spieël-lense weg, maar Susie Wiles is dalk die sterkste waarborg dat die Withuis met die impulsiewe Donald Trump nie die spoor heeltemal byster gaan raak nie.

Trump het Susan Summerall Wiles (67) as sy stafhoof aangestel. In Amerika is die presidensiële stafhoof die bestuurder van die Withuis wat toegang tot die president beheer, daaglikse operasies lei en 'n sterk rol in beleidsvorming en die uitvoering daarvan speel.

Wiles, wat die eerste vroulike presidensiële stafhoof in Amerika sal wees wanneer Trump in Januarie amptelik president word, het sy verkiesingsveldtog bestuur en kry nou heelwat krediet vir sy sukses...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.