Rasool in die MAGA-leeukuil

AGOA EN PEPFAR

Rasool in die MAGA-leeukuil

Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Washington gaan sukkel om sy land se beleid van internasionale onverbondenheid aan die Trump-administrasie en die Amerikaanse kongres te verkoop, skryf MAX DU PREEZ.

SUID-AFRIKA het uiteindelik 'n nuwe ambassadeur in die VSA: Ebrahim Rasool, wat die pos tussen 2010 en 2015 beklee het. Dit is Suid-Afrika se belangrikste diplomatieke pos, maar was lank vakant terwyl die vorige ambassadeur, Nomaindia Mfeketo, 'n rampspoedige termyn beleef het.

Rasool se vroeëre ampstermyn is algemeen as suksesvol beskou. Dit was egter toe Barack Obama president was, en nou sal Rasool met 'n Donald Trump-administrasie te doen hê. (Dalk moet hy hom aan Trump gaan voorstel as die gesant van “that shithole country at the far south of the African continent”.)

Dit gaan 'n moeilike taak wees om Suid-Afrika se standpunt van “internasionale onverbondenheid” en rol in die Brics-groepering aan Washington te verkoop. Trump en die Republikeinse Party-meerderheid in die senaat en huis van verteenwoordigers stel nie veel in Afrika belang nie – solank Afrikastate in hulle spoor trap en nie gesien word as te kameraadskaplik met die “vyand” nie, veral China en Iran...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.