EK KYK baie dokkies op televisie, nie altyd omdat die onderwerp my aantrek nie, maar omdat 'n goeie dokumentêr soveel keer vir die kyker ’n binneblik gee op ’n spesifieke tyd en plek in die verlede. In hierdie geval bied Netflix s'n oor Martha Stewart ’n snit deur ’n paar boeiende dekades, die tagtigs tot die “noughties" in New York, waartydens die wêreld van analoog-telefone tot die internet in elkeen se sak gevorder het.
Dit laat my dink aan daardie pypie wat kaasmakers in ’n groot ronde kaas insteek om só 'n deursnit van die kaas te trek om aan te proe. Moenie ’n fout maak nie, tant Martha is ’n veelkantiger mens as wat ek aanvanklik vermoed het. My skramse herinnering aan haar was as ’n moederlike vrou wat kookprogramme op televisie in die 1990's aangebied het, en natuurlik die bedrogsaak en haar tronkverblyf in die vroeë 2000’s wat wêreldwyd opslae gemaak het.
Die enkelepisode-dokumentêr neem die vorm aan van ’n lang onderhoud met Stewart in haar sitkamer, maar dit is nie “pratende koppe” nie – mens sien Stewart net elke nou en dan. Die res is digte storievertelling met video-materiaal en stilfoto’s. Die onderhoud met haar word afgewissel met aanhalings deur vriende uit alle eras van haar lewe. Ook deur familielede, hoewel haar dogter, Alexis, nooit in lewende lywe op kamera verskyn nie, en haar man vir 29 jaar lank, Andrew Stewart, glad nie deelneem nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
BOEIENDE DEKADES
Die breë en smalle weg van ’n huishou-koningin
Netflix se dokumentêr oor Martha Stewart wat pas bekendgestel is, gee ’n verbasend eerlike blik op dié veelkantige mens. ALI VAN WYK het daarna gekyk.
Deel
EK KYK baie dokkies op televisie, nie altyd omdat die onderwerp my aantrek nie, maar omdat 'n goeie dokumentêr soveel keer vir die kyker ’n binneblik gee op ’n spesifieke tyd en plek in die verlede. In hierdie geval bied Netflix s'n oor Martha Stewart ’n snit deur ’n paar boeiende dekades, die tagtigs tot die “noughties" in New York, waartydens die wêreld van analoog-telefone tot die internet in elkeen se sak gevorder het.
Dit laat my dink aan daardie pypie wat kaasmakers in ’n groot ronde kaas insteek om só 'n deursnit van die kaas te trek om aan te proe. Moenie ’n fout maak nie, tant Martha is ’n veelkantiger mens as wat ek aanvanklik vermoed het. My skramse herinnering aan haar was as ’n moederlike vrou wat kookprogramme op televisie in die 1990's aangebied het, en natuurlik die bedrogsaak en haar tronkverblyf in die vroeë 2000’s wat wêreldwyd opslae gemaak het.
Die enkelepisode-dokumentêr neem die vorm aan van ’n lang onderhoud met Stewart in haar sitkamer, maar dit is nie “pratende koppe” nie – mens sien Stewart net elke nou en dan. Die res is digte storievertelling met video-materiaal en stilfoto’s. Die onderhoud met haar word afgewissel met aanhalings deur vriende uit alle eras van haar lewe. Ook deur familielede, hoewel haar dogter, Alexis, nooit in lewende lywe op kamera verskyn nie, en haar man vir 29 jaar lank, Andrew Stewart, glad nie deelneem nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die pub lunch: die Laaste Middagmaal, met tjips
Sop, ’n jolige rys en hoender op die grill
Kos en vrede
O, die kostalgie ...
Die mees geliefde tuine in die land
15 vrae vir Kobus van der Merwe
Red die mensdom met resepte
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.