Gaan dié berg kontant die ‘Indiese Mr Delivery’ die moeite werd maak?

NASPERS MIK VIR NOG SESSE

Gaan dié berg kontant die ‘Indiese Mr Delivery’ die moeite werd maak?

Soos AB de Villiers in die IPL het Naspers en Prosus met hul Indiese start-up Swiggy grenshoue geslaan. Maar sal hierdie week se notering die biljoene wat hulle ingestort het, kan terugmaak? vra Currency se TJ STRYDOM.

INDIË se Silicon Valley, Bengaluru, was nogal ’n skaflike rykdomskepper vir Suid-Afrikaners … veral dié wat ’n krieketkolf kan swaai. Big-hitter AB de Villiers het onvergeetlik 110 biljoen roepees (meer as $1 miljoen) in elk van sy laaste vier seisoene verdien by die stad se Indiese Premierliga (IPL)-span, die Royal Challengers Bangalore.    

Vandeesweek het Naspers (en sy internasionale halfbroer Prosus) aansienlik meer in sy sak gesteek, nie IPL-geld nie, maar uit ’n aanvanklike openbare aanbod van aandele (IPO). 

Swiggy, die voedsel- en kruideniersware-afleweringsbesigheid in Bengaluru waarin hy die eerste keer in 2017 belê het, het Woensdag op Indië se nasionale en Bombaai-aandelebeurse verskyn teen 'n waardasie van $11,3 biljoen. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.