Liefdesbriewe aan die bome in my lewe

GROEN REVOLUSIE

Liefdesbriewe aan die bome in my lewe

Bome is lank nie meer gevoellose vorme van lewe wat meganies voortwoeker nie. Wetenskaplikes dink deesdae aan hulle as wesens met 'n soort intelligensie en sosiale lewe wat ons nou eers begin begryp, skryf CELESTE THERON. Sy bieg oor haar talle verhoudings met bome.

“Die boomtop het stadig heen en weer beweeg, soos 'n metronoom in die wind: die skerp, nou punt van die sipres yl teen die lug.” – Die Eerste Lewe van Colet deur Etienne Leroux.

VANOGGEND lê die wêreld koel en klam voor my gordynlose venster. Dié week was daar kragtige donderstorms en dit het in die nag saggies gereën. My bed is teenaan die venster geskuif sodat ek die heeltyd bewus is van die kareeboom se blare wat bars met heldergroen aksente waardeur die sonlig sypel. Dis so stil dat ek die fladderende blare in die wind kan hoor.

Die blaredak teen my venster is my enigste vorm van privaatheid; gelukkig is die diefwering toegerank met Hoya-jasmyn. Dit kruip deur die gaping van die venster se handvatsel, wat nie meer weerstand kan bied teen hierdie weerbarstige plant nie. Terloops, geweet die Afrikaans vir Hoya Carnosa is “moedertrane"?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.