DORSEY VS MUSK
Bluesky teen X – die sosialemedia-oorlog is hier
Die ideale sosialemediaplatform van die oorspronklike lord van Twitter, Jack Dorsey, is uiteindelik hier. ’n Gedesentraliseerde sosialemediaplatform wat aan sy gebruikers behoort, wat nie beheer aan adverteerders afstaan nie, en wat nie sy gebruikers se vertroulike inligting verkoop nie. Deur ALI VAN WYK.
DORSEY VS MUSK
Bluesky teen X – die sosialemedia-oorlog is hier
Die ideale sosialemediaplatform van die oorspronklike lord van Twitter, Jack Dorsey, is uiteindelik hier. ’n Gedesentraliseerde sosialemediaplatform wat aan sy gebruikers behoort, wat nie beheer aan adverteerders afstaan nie, en wat nie sy gebruikers se vertroulike inligting verkoop nie. Deur ALI VAN WYK.
Deel
EK IS jammer om te sê, maar as jy teen hierdie tyd nog nie van Bluesky gehoor het nie, dan sit jy seker al vir ’n week in ’n swart gat onder ’n wit klip. Om dit eenvoudig te stel, dit is die nuwe X (Twitter), maar so ’n bietjie meer bevolk deur linksgesindes – dis ’n nuwe soort Twitter waar jy waarskynlik nie ’n libtard genoem sal word as jy glo die regering moet ’n minimum loon vasstel nie.
Die ironie is dat dit ’n interne Twitter-projek was van Jack Dorsey, die oorspronklike stigter van Twitter, wat later weer uitvoerende hoof van die maatskappy geword het. As jy ’n fliek kyk en daar is ’n tech-biljoenêr in as karakter wat iewers in die woestyn op ’n tantriese retreat is, dan is dit Jack Dorsey waarmee hulle spot – hy is daai eksentrieke ou.
Dorsey het dit in 2019 gestig slegs met uitgenooide gebruikers, maar dis sedert Februarie oop vir enigiemand – dit het in hierdie kort tyd uitgebrei tot 20 miljoen gebruikers. Net in die week ná Donald Trump weer tot president verkies is, het 1 miljoen gebruikers oorgeloop van X na Bluesky. Die uitvoerende hoof is Jay Gruber, en getrou aan sy onvoorspelbare aard, het Dorsey intussen uit die raad bedank. Gruber sê dit groei nou teen die duiselingwekkende spoed van 10 000 nuwe gebruikers elke 10 tot 15 minute...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Helfte van Amerika steun ’n liberale orde
Die Ware Donald, suinige Elon en kaalgat Melania
Voorwaarts, Mars, voorwaarts, Musk!
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.