Aitsa djy! Die J-broers Bok saam in die groen en goud

PORTRET

Aitsa djy! Die J-broers Bok saam in die groen en goud

Die jong Hendrikse-broers van Qonce in die Oos-Kaap, draf Saterdag as skakelpaar op in die Springbokke se laaste toets van die jaar teen Wallis, op die Principality Stadion in Cardiff in Wallis. Dit is die 36ste paar Springbok-broers wat saam speel en sover ons kan agterkom die enigste skakelpaar, skryf ALI VAN WYK.

TOE Brian Hendrikse verlede jaar skielik op 29 Junie aan ’n hartaanval oorlede is, was dit die dag nadat sy jonger seun Jordan 23 jaar oud geword het. Jordan was op daardie stadium ’n losskakel by die Golden Lions in Johannesburg.

Hy't nie baie speelkans gekry nie aangesien die eerstekeuse-losskakel op daardie stadium, Sanele Nohamba, met ’n skitterende seisoen besig was, en ook uiteindelik as die United Rugby Championship (URC) se Speler van die Seisoen aangewys is.

Slegs ’n jaar later was Jordan se teleurstellende seisoen by die Golden Lions iets van die verlede; hy is gekies om vir die Springbokke teen Wallis op te draf op 22 Junie 2024 en het ’n bevredigende debuut gemaak. Kort daarna is hy deur die Sharks gekontrakteer, waar sy broer van ’n jaar ouer, Jaden, reeds ’n legende op skrumskakel is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.