Literêre stormram wat haar lag nie kan hou nie

LITERÊRE STORMRAM

Literêre stormram wat haar lag nie kan hou nie

Sy is ons eie balsturige George Sand, selfs ’n titsel Susan Sontag, asook digter, romansier, pedagoog, blogger, kritikus, raconteur, gastronoom, reisiger en Lacoste-rabbedoe. Joan Hambidge is ’n alfabet van haar eie. Volgende jaar publiseer sy haar 29ste digbundel. HERMAN LATEGAN het saam met haar aan tafel gesit.

JOAN HAMBIDGE wil nie sommer by enige Afrikaanse literêre tafel aansit nie, sy wil dit omgooi, ontwrig, sy wil aanhits. Ook maar goed so, want daar is heelparty verstokte insulêre klieke wat mekaar darem té ernstig opneem. 

Vandag egter sit sy by Saigon Viëtnamese Restaurant soos ’n grande dame agter ’n tafel met ’n uitsig oor die Hoërskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat en Tafelberg. Hier loer sy soos ’n wafferse meerkat na die wêreld daar buite en die hutspot mense wat verbyloop. 

Haar hare is weligmooi, penorent, sy dra ’n donker bril, en haar kenmerkende Lacoste-hemp. Dit is rooi: rooi vir vinnig en gevaarlik, vurige passie, liefde, dominasie, ’n de moer met alles houding...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.