’n Dapper transgender dokumentêr

VAN ANDREW NA HARPER

’n Dapper transgender dokumentêr

Wanneer ’n vriend of familielid deur genderoorgang gaan, wek dit komplekse emosies by die persoon wat die verandering aan eie liggaam beleef, en by almal rondom hom of haar. Daar is nie handboeke of riglyne oor hoe om dit te hanteer nie. ALI VAN WYK het ’n verrassende nuwe dokumentêr deur Will Ferrell gekyk.

DAAR'S een of twee politieke en maatskaplike sake waarvoor ek myself “vrypas” gegee het in die lewe – ek hoef nie my opinie daaroor te deel nie, en ek stry verkieslik nie daaroor aanlyn of op enige ander plek nie. Ek luister net.

Dis net selfbehoud. Ek het nie die psigiese kapasiteit om by elke saak betrokke te raak waaroor daar ’n klomp toksiese kommentaar is en bittermin beweging na ’n oplossing nie.

Een van dié sake is argumente rondom transgender mense. Dit het só gepolitiseer geraak dat elke gesprek daaroor ontplof en stagneer, of dit nou oor ruskamers in skole of die deelname van transvroue aan vrouesport gaan. Ek het ook nie die emosionele kapasiteit nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.