Nóg ’n jaar van reën en verval vir Joburg se kunsskatte

GEE IEMAND GENOEG OM?

Nóg ’n jaar van reën en verval vir Joburg se kunsskatte

Europese stede verdien miljoene uit toeriste wat kunswerke soos dié wil sien, maar in teenstelling loop die Johannesburgse Kunsgalery al vir jare deur onder diefstal, verwaarlosing en wanbestuur – wat nou 'n kritieke punt bereik het, skryf GIULIETTA TALEVI van Currency en FERIAL HAFFAJEE van Daily Maverick in hierdie spesiale ondersoek.

  • 22 November 2024
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 13 van 29
  • Giulietta Talevi en Ferial Haffajee

DIE Johannesburgse Kunsgalery (JAG) se versameling behoort regtens aan die mense van Johannesburg, kragtens ’n trust-akte wat meer as ’n eeu gelede opgestel is. Dis potensieel honderde miljoene rand werd, maar loop al vir jare deur onder diefstal, verval en kriminele verwaarlosing deur die munisipaliteit, wie se verantwoordelikheid dit is om daarna om te sien. Die risiko dat groot dele van die versameling onherstelbaar verlore kan gaan het die afgelope vyf jaar eksponensieel toegeneem onder die stad se toenemend wanfunksionele departement van kuns, kultuur en erfenis, waar Vuyisile Mshudulu aan die stuur is.

Die probleem begin by die JAG se eens imposante gebou in die misdaadgeteisterde Joubertpark, waar die versameling veronderstel is om gehuisves te word. Die argitek van die gebou was Edwin Lutyens, ’n tydgenoot van sir Herbert Baker, maar vandag is dit ’n lekkende bouval wat die letsels dra van verskeie swak pogings tot restourasie en onderhoud.

In die ingeligte binnekringe word die JAG se hoofkurator, Khwezi Gule, minstens gedeeltelik verantwoordelik gehou vir die galery se versnellende agteruitgang. Lede van 'n toergroep wat hy in Junie deur die gebou gelei het, sê van die uitstalruimtes was in 'n “haglike toestand, met beperkte indien enige uitstallings". Van die 15 uitstallingslokale was slegs twee in gebruik, en byna al die galery se sowat 9 000 kunswerke is tans in berging. Die publiek het tans toegang tot net ongeveer 1% van die JAG se kunsversameling...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.