Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
VAN WATTER BREYTENBACHS IS JY?
Hy het geblaf in die duiwehok van hooghartigheid
Skielik het die vonkpos opgedroog. En noudat Breyten Breytenbach weg is, weet ons dat hy in die laaste weke van sy lewe nooit Afrikaans gehoor het nie. Die verdwyning van sy moedertaal uit sy ore was sekerlik een van sy bitterste terugslae, skryf KERNEELS BREYTENBACH.
Deel
DIE vraag kon nie vermy word nie, en dit het toe ook gekom, in November 1994, toe ek in Mario’s Restaurant in Groenpunt aansit saam met Breyten Breytenbach en Ampie Coetzee. “Van watter Breytenbachs is jy?”
Ampie het my gewaarsku dat ek dit moes verwag. Dit was deur sy bemiddeling dat ons kon aansit. Ek het verduidelik dat daar net een Breytenbach na Suid-Afrika gekom het: Johan Jacob Breitenbach, wat in 1738 uit Duitsland per boot hier aangekom het. “Dis ver genoeg,” het Breyten gesê.
Jare later, toe ons vasstel dat die familieband teruggevoer kon word na Johan Hendrik Breytenbach, wat in 1789 in Swellendam gebore is, was daar al te veel boeke gepubliseer, etes geëet en tande gekners vir dinge soos familiebande om enigsins saak te maak. Dit was nooit 'n faktor nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Afrikaans se grootste liriese minnaar
Ek stuur vir jou ’n rooiborsduif
Stil mense, daar gaan ’n Grote verby
Breyten: Steeds onsigbaar agter die spieëlbeeld
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.