Politieke Notaboek | Dit was ’n Breyten-ding om te sê: Ons...

VAARWEL EN DANKIE VIR DIE WOORDE

Politieke Notaboek | Dit was ’n Breyten-ding om te sê: Ons vat die skrum

Breyten was serebrale vroue se sekssimbool; Rassie is koning en Pieter-Steph 'n filosoof, skryf MAX DU PREEZ

EK HET in 1975 ’n twee maande lange dienspligkamp in Bloemfontein gedoen. Vroegoggend luister ek die nuus op my transistorradiotjie in my tent toe die nuusleser sê Breyten Breytenbach is deur die veiligheidspolisie in hegtenis geneem en gaan weens terrorisme aangekla word.

Ek onthou hoe sielskwaad ek was. Ek het toe nog vir Beeld gewerk en was heel gemaklik binne my wit apartheidsborrel. Maar Breyten, vir wie ek uiteraard toe nie eens ontmoet het nie, was toe al vir my ’n simbool; van die reg om andersdenkend te wees, om terselfdertyd Afrikaner en Afrikaan en wêreldburger en demokraat te kan wees.

Ek het na my kaptein toe gestap en gesê die bliksems het vir Breyten opgesluit en ek weier om vandag soldaat te wees. Dit het my darem net ’n week se ekstra wagstaanbeurt gekos, maar dit was ’n mylpaal op die pad van my politieke ontwaking. (Ek het later by die End Conscription Campaign aangesluit en geweier om verdere kampe te doen.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.