Swart Vrydag, wanneer jy jou finansies in rou dompel

PORTRET

Swart Vrydag, wanneer jy jou finansies in rou dompel

Die jaarlikse kleinhandel-sparteltyd, Swart Vrydag, of eerder Swart Maand, laat sommige verbruikers koud, maar ander raak spasties van afwagting en adrenalien. ALI VAN WYK het gaan kyk of dié ingevoerde tradisie nog ’n beduidende impak maak.

SOOS baie ander dinge is dit Takealot se skuld dat dié onding na Suid-Afrika oorgesleep is. Swart Vrydag. Black Friday.

Eers was dit Guy Fawkes, Valentynsdag, toe Halloween, en toe was dit Moedersdag, ook Vadersdag, en deesdae kry mense sommer Paasgeskenke ook. Ek is skaam om te sê my ma en ouma sou by die verskyning van elk van hierdie volksvreemde nuwe dae iets gesê het soos: Ja, dis nou net weer ’n verdomde [antisemitiese uitspraak hier] geldmakery.

Ek wil darem net te versagting sê my voorgeslagte was andersins mál oor enigiemand van Joodse afkoms. Jy kon omtrent nie ’n ander soort skewe woord oor die Uitverkore Volk sê nie. Jesus was after all Joods...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.