Met swak hantering van sekssaak sny die DA ’n lat vir sy eie bas

DIE NADRAAI VAN DIE GEVAL RAYBIN FIGLAND

Met swak hantering van sekssaak sny die DA ’n lat vir sy eie bas

Die DA se powere hantering van beweringe teen 'n adjunkburgemeester van George het die saak laat uitkring tot 'n nasionale dilemma met politieke en morele implikasies, skryf IKE BOSS.

  • 04 Desember 2024
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • Ike Boss

DIE DA het gisteraand nog geskarrel oor wat om te doen wanneer sy koukus in George in die Wes-Kaap vanoggend om 10:00 op 'n raadsvergadering moet stem oor 'n mosie van wantroue in een van sy eie lede, die uitvoerende adjunkburgemeester Raybin Figland.

Dié stemming het 'n lang aanloop. Die afgelope Maandag, 950 dae nadat 'n meerderjarige matriekmeisie by die DA se koukusleier in George aangemeld het dat Figland haar onder meer afgepers het oor seksueel eksplisiete foto's van haarself wat hy haar gevra het om aan hom te stuur, het die DA se federale raad 'n uitspraak oor die saak van die party se federale regskommissie (FLC) ontvang: “Ons bevind die aangeklaagde lid onskuldig aan die wangedrag soos beweer in die klagstaat."

Die FLC-paneel het egter ook kommer uitgespreek (§14) oor die buitengewoon lang vertraging van enige optrede. Terwyl die beweerde wangedrag reeds in 2022 by partystrukture aangemeld is, is aanklagte teen Figland eers op 26 Maart vanjaar formeel ingestel – 'n verbysterende gaping van 700 dae tussen die aanvanklike klagte en die eerste amptelike optrede...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.