Moenie tee-praat nie!

TEEKENS VAN DIE TYE

Moenie tee-praat nie!

Smulpape gee al ’n ruk lank hoog op oor high tea by spoghotelle, maar HERMAN LATEGAN wil hom ’n papie lag omdat hulle die teekoppie en ander kospotte heeltemal mis sit.

EERS het hulle vir die krewe gekom, toe die nederige perlemoen en high tea is al vir ’n geruime tyd gekaap deur chi-chi swierbolle. Dit was kos vir die arbeidersklas, gewone mense. High tea ook, glo dit of nie.

Kreef en perlemoen was eens stapelvoedsel vir vissermanne, hulle gesinne en werkersklasgemeenskappe. Nou betaal jy dat jy hop om aan een van daardie disse te smul. In sommige eetplekke sien jy ’n enkele kreef in 'n groot vistenk, klein is hy, maar groot is sy prys. ’n Kreef kan jou tot R800 kos.

Dan is daar gewoonlik ’n verlore haai-siestog-perlemoentjie om die kreef geselskap te hou en wat ongemerk probeer ontsnap deur sy pad stadig-stadig teen die glas na bo te probeer kruip of seil...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.