Net in Mzansi: Meesterstuk onder ’n begrafnisbankie
KUNSSKANDALE EN -PLUNDERING

Die nuwe fokus op die verwaarloosde toestand van die Johannesburg-kunsgalery en kommer oor die veiligheid van waardevolle stukke in sy versameling het CELESTE THERON laat wonder oor ander skandale in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse kuns.
SUID-AFRIKA het oor die jare verskeie noemenswaardige kunsskandale beleef, waaronder die haglike toestand van die Johannesburgse kunsgalery (JAG) en die moontlike diefstal van waardevolle werke wat onlangs weer opslae gemaak het. Slegs 'n handjievol mense gee regtig daaroor om en die meeste van die skilderagtige stories lees soos goeie rillers weens die absurde aard van die misdaad.
Van Salvador Dalí se Aphrodisiac Telephone wat vergete iewers in 'n staalkas op 'n stuk spons in die JAG staan, tot die rowers van die Pretoriase kunsmuseum-diefstal wat die waardevolste werk, ’n Irma Stern-skildery, op die sypaadjie neergesmyt het omdat dit nie in hulle motor kon pas nie. Die storie raak nog meer absurd as jy in ag neem dat meeste van die werke twee dae later in 'n begraafplaas onder 'n bankie opgespoor is.
Diefstal, moord, vervalsing, wanbestuur en kunswerke wat beroering veroorsaak het weens die gevoelige kulturele kwessies wat uitgebeeld is – we’ve seen it all. Die enorme hoeveelheid geld en aansien wat aan die kunswêreld gekoppel is, skep 'n rojale ruimte vir skandale om aan te teel. As jy die kunsbedryf benader vanaf die perspektief van 'n ontwikkelende land, is daardie ruimte vir skandale en bedrog soveel breër. Een van ons grootste kunsrampe is die kulturele skatte wat geplunder is in Afrika in die koloniale periode: Waardevolle kulturele artefakte is verwyder, verkwansel en versamel vir museums en private versamelings in Europa en Noord-Amerika...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Nóg ’n jaar van verval vir Joburg se kunsskatte
Meer kuns vir minder
’n Oog vir Kunz: ’n Vonkelende blitsgids
‘Ek verloor ’n Sekoto-tekening in Parys’
‘Moet net nie praat van kitsch nie’
Geld is koning in die kunswêreld
Irma Stern en die naamlose vroue
Deel
-
Deel
Celeste Theron
SkrywerCeleste Theron is ’n skrywer en kunstenaar van Pretoria.