‘Ons gaan terugveg,’ sê beleërde ongelukke-fonds

NUWE SOMME

‘Ons gaan terugveg,’ sê beleërde ongelukke-fonds

Die Padongelukkefonds kap luidkeels terug ná kritiek op sy bedrywighede, insluitend sy poging om sy rekeningkundige stelsel te verander en die reuse-toename in verstekvonnisse, skryf TIM COHEN van currencynews.co.za.

DIE Padongelukkefonds (POF), die staatsbeheerde persoonlike beseringsversekeringstelsel wat deur 'n brandstofheffing gefinansier word, is in die moeilikheid en tegnies bankrot, met 'n groot vermindering in die getal eise wat afgehandel is terwyl die totale uitstaande eise die hoogte ingeskiet het. 

Maar die jarelange uitvoerende hoof van die POF, Collins Letsoalo, het gister die organisasie verdedig deur veral “leliewit" regsfirmas uit te sonder. Hy het die firmas aan wie die grootste uitbetalings gemaak is by die naam genoem, en oor die algemeen die regsgemeenskap vir die POF se probleme blameer. 

Hy het die Pretoriase prokureursfirma Gert Nel Prokureurs herhaaldelik gestriem deur te spesifiseer dat die firma meer as R2 biljoen aan uitbetalings van die fonds ontvang het, en te kenne gegee dat Nel hom probeer beïnvloed het deur hom saam te nooi op visvanguitstappies, wat hy van die hand gewys het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.