Linda van Tilburg is ’n gesoute politieke joernalis en uitsaaier wat ná ’n draai in die wêreld van politieke risiko-ontleding in Engeland teruggekeer het na haar eerste liefde, radio, met ’n fokus op podsendings en die sakewêreld. Sy skryf uit Londen, maar is gereeld in Suid-Afrika.
BOET SAL JY BOET
In ’n land waar die spietkops nie dors word nie
Parkeer net iewers sonder maniere in Engeland en jy kry maklik 'n boete van R2 000-plus, skryf LINDA VAN TILBURG. En daar is g'n niks van koeldrank koop vir die armes in uniform nie, al manier om los te kom is deur terug te gaan skool toe – of dis hoe dit voel.
Deel
DAAR was 'n viral video in Suid-Afrika waarin 'n nuusleser begin lag toe hy die storie lees van 'n man wat 'n Kaapse landdros vertel het hy doen alles vinnig en dis hoekom hy te vinnig gery het. Die landdros het geantwoord, “Nou kom ons kyk hoe vinnig jy ses maande tronkstraf kan doen.”
Ek voel vir die man, want ek het ook die probleem van konstant haastig wees en een van my grootste uitdagings is om stadig te ry. Die enigste bestuurders wat vir my ore aansit, is Italianers. Dis 'n land waar elke tweede ou met 'n piepklein Fiat die bloed van Mario Andretti in sy are voel druis en jou letterlik bang ry in die nouste paadjies wat rondom die Garda- of Comomere vleg.
My gejagery het my al 'n hele paar boetes in Suid-Afrika gekos. Ek hoor stories van verkeersmanne wat vertel hoe dors hulle is, wat beteken, “Gee my genoeg geld vir 'n redelike duur koeldrank en jy kan ry.” Dit doen ek beslis nie en gewoonlik huur ek 'n kar as ek huis toe kom, so die boete word sommer deur die huurmaatskappy afgetrek van my kredietkaart met 'n fris “administrasiefooi" daarby...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
'n Ryding behoort openbare kuns te wees
Die dag van die taxi’s – nie
Opsies vir veiliger SA paaie
Jou flikker, vark!
Hier rond is selfs motorongelukke nou al heeltemal geprivatiseer
Wanneer laas het jy duimgegooi?
Pop-up-spietkops help my om hier te bly
Deel
-
Deel
Linda van Tilburg
JoernalisLinda van Tilburg is ’n gesoute politieke joernalis en uitsaaier wat ná ’n draai in die wêreld van politieke risiko-ontleding in Engeland teruggekeer het na haar eerste liefde, radio, met ’n fokus op podsendings en die sakewêreld. Sy skryf uit Londen, maar is gereeld in Suid-Afrika.