GEVAARLIK OP LAERSKOOL
Om saam met Hunter Kennedy in st. 5 te wees
In ’n klas vol rugbyspelende Afrikaanse seuns was daar een wat nie van sport gehou het nie, wat ‘gevaarlike’ swart T-hemde gedra het en wat die beste opstelle geskryf het. JANA-MARIÉ HEY skryf oor Hunter Kennedy, een van ons invloedrykste liedjieskrywers en rocksterre, toe hy ’n kwaai tiener met empatie was.
GEVAARLIK OP LAERSKOOL
Om saam met Hunter Kennedy in st. 5 te wees
In ’n klas vol rugbyspelende Afrikaanse seuns was daar een wat nie van sport gehou het nie, wat ‘gevaarlike’ swart T-hemde gedra het en wat die beste opstelle geskryf het. JANA-MARIÉ HEY skryf oor Hunter Kennedy, een van ons invloedrykste liedjieskrywers en rocksterre, toe hy ’n kwaai tiener met empatie was.
Deel
IN 1995 was ek in standerd 5 in Gelofte-skool in Pinetown net buite Durban. Dit was 'n klein Afrikaanse skool in 'n Engelse omgewing en dus ’n baie beskermde, geïsoleerde gemeenskap. Ek het ’n kêrel gehad, soveel as wat mens ’n kêrel kon hê in standerd 5. Gerhard het vir my sy stokkielekkers uit sy kosblik gegee en een keer met my vasgedans by Ross Meintjies se garagepartytjie. Hy was ’n mooi seun, die vinnigste in die 100 m en die losskakel in die eerste rugbyspan. En snaaks. Alles wat ’n standerd 5-meisie moontlik wil hê.
Op ons laaste dag in die laerskool wanneer almal op mekaar se uniforms teken, het ’n klasmaat, Hunter Kennedy, op my rok geskryf: Gerhard Bester doesn’t really love you. Hy het dit op my rug geskryf sodat ek dit eers gelees het toe ek die middag by die huis kom en my skoolklere uittrek.
Ons meisies was soos samesweringsteoretici – ons het voornemens in elke detail van die seuns gesoek, desperaat om genoeg saak te maak om die onderwerp van beplanning en bespiegeling te wees. Maar hulle was net tienerseuns. Ek het te veel tyd bestee om my gereed te maak vir hulle toewyding, artikels gelees wat my geleer het dat die lewe net ’n wagkamer was totdat seuns notisie neem van jou. Die seuns het dié tyd gebruik om hulself te word...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel