Die one & only Bullet pyl ’n nuwe rigting in

SPEEL DIE BAL, NIE DIE MAN NIE

Die one & only Bullet pyl ’n nuwe rigting in

Laas Vrydag was die oudrugbyheld James ‘Bullet’ Dalton presies een jaar nugter en skoon. HERMAN LATEGAN het hom tydens sy hoenderkopdae skramsweg leer ken. Hy is verbluf oor die nuwe mens voor hom – wat nou ’n organisasie vir die beskerming van kinders teen geweld, My Safe Place, bestuur.

DIT was ’n bekende kroeg in Groenpunt. Net voor Covid-19. Langs my het ’n man gesit en in my gekheid vertel ek hom ek kan palms lees. Hy steek sy hand uit en daar lees ek toe die lyne in sy hand.

Sy oë rek en hoe meer hy verstom na my kyk, hoe wilder raak my voorspellings. Later is hy daar weg en die kelner, Stella, vra my of ek hom ken. Nee.

Weet ek wie hy is? Nee, ek het nie geweet nie. Sy vertel my met agting in haar stem dis James Dalton, ’n oudrugbyspeler. Omdat ek nie rugby kyk nie moes ek erken ek was steeds niks wyser nie. Duik is my belangstelling...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.