PORTRET
Gewortel in teater soos in ’n digte woud
Die Britse edelvrou-akteur Judi Dench plant 'n boom in haar agtertuin wanneer 'n vriend of familielid sterf, skryf CELESTE THERON. Op 'n veerkragtige 90 verskyn sy steeds in gesogte rolle en is daar geen plan dat sy ook 'n plekkie in die woud gaan kry nie.
PORTRET
Gewortel in teater soos in ’n digte woud
Die Britse edelvrou-akteur Judi Dench plant 'n boom in haar agtertuin wanneer 'n vriend of familielid sterf, skryf CELESTE THERON. Op 'n veerkragtige 90 verskyn sy steeds in gesogte rolle en is daar geen plan dat sy ook 'n plekkie in die woud gaan kry nie.
Deel
IN 'n ondraaglik droë Desember-week is daar iets sinliks aan die hitte wat 'n mens minder skuldig laat voel om elke aand voor 'n Judi Dench-fliek in te sluimer terwyl die donderweer buite niks verder kom as dreig nie. Gisteraand weer, Notes on a Scandal (2006), waarop ek besluit het om haar 90ste verjaardag te vier – dit sou so vars voel soos dit was toe dit vrygestel is en ek nog op hoërskool was.
Onder haar talle toekennings staan die eretitels van die Britse koningshuis sekerlik uit – niks minder as drie nie: in 1970 het sy die hoogste Britse siviele toekenning gekry toe sy ’n Beampte van die Orde van die Britse Ryk (OBE) gemaak is, in 1988 het sy ’n Damekommandeur van die Orde van die Britse Ryk (DBE) geword en in 2005 'n Lid van die Orde van die Britse Ryk (MBE).
Dis dalk die manier waarop sy na aan die natuur leef wat sorg dat sy so stadig oud word. Dench het 'n woud in haar agtertuin geskep deur bome te plant ter herinnering aan vriende, familie en akteurs wat dood is – insluitend 'n boom vir haar man, die Britse akteur Michael Williams, wat in 2001 aan longkanker dood is. Hulle was byna 30 jaar getroud, en het een dogter, die aktrise Finty Williams...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Mode-ode aan tydlose SA vroue
15+ vrae aan Rudie van Rensburg
Die styl van die Instagram-oumagrootjie
Liefdesbriewe aan die bome in my lewe
Jy mellow soos jy ouer word, sê Anton Goosen
Hoe ouer, hoe meer is jy soos jouself
Deel
-
Deel
Celeste Theron
SkrywerCeleste Theron is ’n skrywer en kunstenaar van Pretoria.