Hoe al daai katvideo’s op die internet bewaring steun

BEDREIGDE SPESIES

Hoe al daai katvideo’s op die internet bewaring steun

Moenie jou neus optrek vir die miljoene katte op die web nie. Navorsers het bevind dat sosiale media só 'n rol speel om bewustheid van bedreigde spesies te skep, skryf GABRIELLA LEIGHTON en LAUREL SERIEYS.

  • 17 Desember 2024
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • Gabriella Leighton en Laurel Serieys

HET JY onlangs YouTube of TikTok oopgemaak en dadelik na katvideo's gaan soek? As jou antwoord “ja" is, is jy nie alleen nie: Die wêreldwye aanlyn verbruik van katverwante media is eenvoudig massief. In 2015 was daar meer as 2 miljoen katvideo's op YouTube alleen, met 'n gemiddeld van 12 000 kyke elk – 'n hoër gemiddelde as enige ander kategorie YouTube-inhoud.

“Katte" is een van die mees gesoekte (https://www.bbc.co.uk/newsround/33848745) sleutelwoorde op die internet. Van 2023 af was daar 502 biljoen kyke van TikToks (https://www.bbc.co.uk/bitesize/articles/zqxbqyc#:%7E:text=In%202023%20there%20were%20a,to%20be%20shared%20on%20socials) met die hutsmerk #cat. Huiskatte is eenvoudig die lieflinge van die digitale wêreld.

Maar hoe kan hierdie gewildheid aangewend word om hul wilde neefs en niggies te help bewaar? Baie klein wildekatspesies – soos rooikatte – staar bedreiging in die gesig weens wydverspreide habitatverlies, stropery en konflik met mense, maar hulle is uiters sku en daarom onderbestudeer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.