’n Stilfonteinse zama-zama vertel: ‘Die tonnels het ál...

POLISIE-AANSPREEKLIKHEID

’n Stilfonteinse zama-zama vertel: ‘Die tonnels het ál stiller geraak ...’

Hierdie stuk is 'n uittreksel uit die beëdigde verklaring van 'n zama-zama-myner, Clement Moeletsi, wat op 2 Januarie by Stilfontein afgeneem is. Vertaling en geringe redigering is gedoen, herhalende teks is gesny en tussenopskrifte is bygevoeg.

IN JULIE 2024 het ek die moeilike besluit geneem om 2 km ondergronds af te daal. Ten spyte van my beste pogings kon ek nie werk kry nie. Die druk om nie kos of basiese benodigdhede vir my kind en geliefdes te kan voorsien nie, het ondraaglik geword en het my geen ander keuse gelaat as om hierdie desperate stap te neem in die hoop om ons haglike situasie te verlig nie. 

Op 24 Julie 2024 het ek Skag 10 met die toustelsel binnegegaan. Met die hand deur ambagsmyners bedryf, het die stelsel koördinering en fisiese inspanning vereis om individue in die skag te laat sak. Met hulle bystand kon ek en ander in die myn afdaal.

Ek het vir ongeveer een maand op vlak 6 gebly voordat die impak van Operasie Vala Umgodi (Operasie Maak toe die gat, deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens) gevoel is. In hierdie tyd het ek die daaglikse stryd van diegene rondom my aanskou terwyl ons met die harde werklikhede van die lewe ondergronds geworstel het. Die omgewing was verstikkend en sonder natuurlike lig, met die lug dik en swaar. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.