Brakke blaf, maar RNE-karavaan beweeg aan

BABELAS VAN OU SHOCK EN HORROR

Brakke blaf, maar RNE-karavaan beweeg aan

MAX DU PREEZ skryf oor joernaliste wat die RNE uitmekaar wil skryf, John Steenhuisen se (afgeskakelde) blou ligte, en die seksis en homofoob wat adjunkminister van sosiale ontwikkeling is.

IN my jonger dae in die joernalistiek was ek ywerig deel van 'n kultuur wat alewig na 'n scoop gesoek het. Jou waarde as verslaggewer is gemeet aan hoeveel keer jy eerste 'n storie kon breek. En dan sit jou koerant “Eksklusief” of “Onthul” of “Breaking News” in vet letters in die opskrif.

As 'n spesie wat hulself as agente van die bewussyn sien, wat die openbare mening in belang van 'n gesonde demokrasie wil inlig, is ons bra traag om te verander, om by die tye en tendense aan te pas. G’n wonder die media hier ter plaatse en elders in die wêreld is onder groot druk nie.

Met X, Facebook, YouTube, ensovoorts beteken 'n scoop nie meer veel nie. Sekondes ná jy jou eksklusiewe storie geplaas het, word dit op sosiale media en oor die radio uitgebasuin. En drie minute later is dit vergete. Die meeste mense kom nie eens by jou eie publikasie uit om dit daar te lees nie. Niemand kan in elk geval so vinnig reageer soos X nie, en miljoene “citizen journalists” sit reg om jou elke minuut van die dag en nag oor enige twakstorie in te lig, waar of vals...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.