Roger Young, is jy nog hy?

‘MY STORIE IS MY STORIE'

Roger Young, is jy nog hy?

Roger Young – heroïenverslaafde, bekroonde filmmaker en joernalis – is die Facebook-skrywer oor die Republiek van Percystraat in Durban. Hy vertel aan CELESTE THERON 'n verhaal van sy lewe, ook as hawelose.

EK ken vir Roger Young van Hotbox Studios se dae af, my eksman se opname-ateljee. Ek het hom ontmoet toe ek 18 was en hy adjunk-redakteur by die kortstondige maar baie vooruitstrewende kulturele jeugtydskrif Mahala saam met Andy Davis. Roger was deel van 'n gemeenskap van dapper jong kunstenaars, filmmakers en joernaliste wat hulself as post-rassisties beskou het, die eerste verteenwoordigers van 'n werklik geïntegreerde segment van die samelewing, soos Mahala se redakteur, Andy, dit gestel het.

Deesdae spring Roger rond tussen 'n lewe as filmmaker, fotograaf, heroïenverslaafde en joernalis. Destyds was daar nooit iets behoeftigs aan Roger nie. Ja, hy het die onversorgde voorkoms van die meeste van sy soort gehad en ja, hy sou wag dat jy die kroegrekening betaal of vir 'n worsbroodjie vra as jy hom by Oppikoppi raakloop. Maar hy was 'n lewensgenieter. Mollig, uitbundig. 'n Man met 'n skerp intellek en 'n byna onbeheerste rebelse geaardheid wat hom gereeld in die sop laat beland het.

Ek het Roger laas by 2015 se Oppikoppi gesien toe ek en my eks 'n drankie of twee saam met hom geniet het. Onlangs het Roger se naam in gesprekke begin opduik of dit sou op my Facebook-voer verskyn. Sy Facebook-plasings het verval in 'n desperate pleidooi om hulp, waarin hy beweer dat hy as gevolg van 'n familiegeskil op straat beland het. Ná maande van 'n gesmeek om hulp het mense egter moeg geraak vir Roger se emosionele verklarings aanlyn en hom begin sien as 'n bedrieër...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.