Is Musk se politieke doppie geklink? Ja, as Steve Bannon sy...

‘HE IS A TRULY EVIL GUY'

Is Musk se politieke doppie geklink? Ja, as Steve Bannon sy sin kry, maar …

Donald Trump se nuwe termyn as Amerikaanse president het nog nie eens begin nie – hy word Maandag ingesweer – en die krake in die MAGA-aangesig begin al wys. Hy moet nou kies tussen sy twee voorste fanboys: die tech-genie Elon Musk en die alt-right profeet Steve Bannon. MAX DU PREEZ se geld is op Musk.

STEVE BANNON se jongste woeste aanval op Elon Musk – “he is a truly evil guy, a very bad guy” – gaan waarskynlik meestal oor jaloesie. Bannon is jaloers omdat Musk nader aan Donald Trump as hy is, maar ook omdat Musk nou meer sukses het met Bannon se ou projek, om regse partye in Europa te mobiliseer, as wat hy dusver gehad het.

Hy sal self sorg dat Musk geen invloed in die Withuis gaan hê nie, sê Bannon. “I will have Elon Musk run out of here by inauguration day. He will not have a blue pass to the White House, he will not have full access to the White House, he will be like any other person.”

Musk moet teruggaan Suid-Afrika toe, sê hy. Hy het in ’n onderhoud met die Italiaanse koerant Corriere della Sera gesê: “Why do we have South Africans, the most racist people on earth, white South Africans ... making any comments at all on what goes on in the US?” (Hy verwys na twee ander invloedryke en welaf oud-Suid-Afrikaners in die MAGA-kamp, Peter Thiel en David Sacks.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.