UIT DIE ARGIEF
Etienne Leroux se laaste sê
In die lente van 1989 het Etienne Leroux, veelbekroonde skrywer van omstrede boeke soos Sewe dae by die Silbersteins en Magersfontein, o Magersfontein!, ná 'n lang stilswye weer aan 'n nuwe roman gewerk. KOOS PRINSLOO en RYK HATTINGH het destyds met hom op sy plaas, Janee, naby Koffiefontein in die Vrystaat gaan gesels vir die Vrye Weekblad Boeke-uitgawe van daardie jaar. Dit was een van bitter min onderhoude met dié literêre legende en boonop net maande voor sy dood.

Deel
STEPHEN LE ROUX (die 67-jarige man agter die skuilnaam Etienne Leroux) sit agter 'n kliptoonbank in die ingangsportaal van die groot, wit opstal met die blou vensterrame en kosyne wat aan Griekeland herinner. Uit 'n klein yskassie haal hy blikkies Black Label, Coke in 'n literbottel wat hy iemand vra om oop te draai. Sy hande is nie meer sterk genoeg nie. Hy weet ook nie wat om met hulle te doen nie. Vroetel met drie tjekboeke in plastiekvouers voor hom. Soos tarotkaarte.
'n Bejaarde vrou verskyn met 'n souttert op 'n skinkbord. “Kleinbaas?" sê sy vir Stephen. Niemand is nog honger nie. Later aan etenstafel sit sy en 'n jonger, meer onderdanige vrou onder bevel van Elizabeth le Roux aartappels, pikante soetwortels, broccoli, filet en tong, en gestoofde appels met room en vla voor.
Elizabeth haal 'n bottel wyn uit die buffet. KWV Cabernet. “Nee, dis te grand vir hulle," lag Stephen. Die bottel word in elk geval oopgemaak. 'n Stuk van die kurkprop het afgebreek en Stephen klap die bottel met beide hande. Onhandig. Amper ongeduldig. Elizabeth staan op om die bottel by hom te vat. Sy druk die stuk kurk met 'n mes af. Hy skink die wyn, vra die seën voor hulle eet. Vinnig, onhoorbaar, so asof hy nie wil hê die mense om die tafel moet hoor wat hy sê nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Boekbefok elke liewe dag van die jaar
Breyten se woorde vlieg steeds huis toe
Stil mense, daar gaan ’n Grote verby
15+ vrae aan Zirk van den Berg
15+ vrae aan Deborah Steinmair
Deel
-
Deel