15+ vrae aan Izelle Venter

AGTERBLAD

15+ vrae aan Izelle Venter

Ontmoet dinamiese Izelle Venter, hoofbestuurder van Media24TV, wat hierdie week LAUREEN ROSSOUW se vrae beantwoord. Izelle en haar span is verantwoordelik vir die Afrikaanse leefstylkanaal VIA en die produksiemaatskappy POP24 wat vir Showmax, kykNET, Mzansi Magic en ook VIA programme maak.

HIERDIE boorling van Johannesburg sê sy het 'n laslap-BA-en-joernalistiek-honneurs. Izelle is nie aanvanklik vir joernalistiek gekeur nie, maar vermoed haar aanhoudende gesanik by mev. Leona Amoraal, sekretaresse van die joernalistiekdepartement by die Universiteit Stellenbosch, het 'n verskil gemaak. Hoewel sy nooit by 'n koerant gewerk het nie, was haar eerste amptelike pos by die destydse tydskrif De Kat. Sy dink dikwels dit was 'n fout, maar haar tydskrifervaring en nuuskierigheid het weer ander leerkurwes en geleenthede gebring. Sy is vanjaar al 22 jaar by Media24, wat nege verskillende poste insluit, onder ondere as redakteur van Huisgenoot en Insig.

1. Wat lees jy eerste ding elke oggend?

My drafgroepie se boodskappe op WhatsApp...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.