Fluit, fluit, is die storie uit?

EINDE VAN ´N HOOFSTUK

Fluit, fluit, is die storie uit?

LINZA DE JAGER het op haar dag in Hermanus se beroemde boekwinkel gewerk. Sy skryf oor nostalgie en leesliefde en weet nie of dié storie ’n gelukkige einde gaan hê nie.

TOERBUSSE hou hier stil. Dit verskyn in Rudie van Rensburg se roman Judaskus. Die Skotse misdaadskrywer Ian Rankin het al hier gekuier. So ook die akteur Rowan Atkinson, oftewel Mr Bean, die kinderboekskrywer en illustreerder Niki Daly, premier Helen Zille, die fotograaf Lien Botha, en skrywers soos Tinus Horn en André P Brink. Nataniël het met sy besoek aan Hemingway’s-boekwinkel in Hermanus aangekondig: “Hier kan ek bly!”
Die Lonely Planet Guide noem die winkel, die Louis Vuitton City Guide – Cape Town verwys daarna as ’n “must-see” en selfs die New York Times het al hiervan melding gemaak.
Ek het in ’n stadium in hierdie beroemde winkel gewerk. Ek moes die Facebook-blad behartig en het diep in my hart geweet hulle het my nie nodig nie. Maar ek het die geld nodig gehad en ek dink die eienaars het dit uit die goedheid van hul hart gedoen.

Die goedhartiges is die skrywer Beth Hunt en haar kunstenaarman Noel, sy 'n rooikop wat borrel soos 'n bottel Fanta wat pas oopgemaak is, en hy ’n stil witkop man.
Stap jy hul 24-jarige winkel binne is dit asof die horlosie gaan stilstaan het in die tyd toe Charles Dickens se The Pickwick Papers nog as ’n vervolgverhaal stuk-stuk gepubliseer is. Dis helder oordag, maar hierbinne brand lamplig. Klassieke musiek streel die ore en wierook die neuse.
Speel met nostalgie, is hulle jare gelede aangeraai en dit doen Beth en Noel met oorgawe, want albei is vintage-liefhebbers. Die resultaat is 'n winkel wat 'n kruis is tussen 'n herehuis se biblioteek en jou sitkamer.
Mense vergelyk dit gereeld met Parys se beroemde Shakespeare & Company, maar as daar ooreenkomste is, is dit bloot toevallig, want geeneen van hulle twee het al ooit ’n voet gesit in Rue de la Bûcherie nie. Die winkel fokus hoofsaaklik op boeke wat as versamelbaar beskryf kan word, en sluit dus heelwat Africana in. Met die laaste telling was hier meer as 30 000 boeke, maar intussen het daar al weer baie ingekom. Hulle gaan tuis tussen talle ornamente, soos 'n groot glasvesel-Betty Boop, die beroemde strokiesprent-karakter uit die 1930’s. Daar is ook 'n geselshoekie met antieke meubels, waaronder 'n mooi “carver-” stoel. Die hoek waarin dié stoel staan, was met die opening van Hemingway’s in 1995 al waaruit die winkel bestaan het.

KLOKSLAG om halftien elke oggend wanneer die Hunts oopsluit, stoot Noel 'n fiets op die sypaadjie uit en parkeer dit voor die winkel. Dis deel van atmosfeer skep, want daar word nooit met die fiets gery nie.
Hy voer die taak rustig uit, want hy't 'n kleintjie dood aan 'n sinnelose gejaag en die gekliek van die internet. Beth skakel die ketel aan. Die eerste groot ritueel van die dag breek aan: Dis tyd vir koffie en hawermoutkoekies. Dié is kort tevore in die Hunts se kombuis in Botrivier gemaak. Hulle word stadig geëet en krities beoordeel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.